1 PETRUS 1:15-16
1 PETRUS 1:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Nee, God het julle gekies om sy volk te wees en Hy is heilig. Daarom moet julle heeltemal lewe soos mense wat aan God behoort. Julle moet so lewe omdat daar in die Ou Testament geskryf is: “ Julle moet julleself aan My wy, want Ek is heilig.”
1 PETRUS 1:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.
1 PETRUS 1:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”
1 PETRUS 1:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Inteendeel, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel heilig wees. Daarom staan daar geskryf: “Wees heilig, want Ek is heilig.”
1 PETRUS 1:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, so moet julle ook in alle lewenswandel heilig wees; Want daar is geskrywe: Wees heilig; want Ek is heilig.
1 PETRUS 1:15-16 Die Boodskap (DB)
Die manier waarop julle nou leef, moet anders wees. God het julle geroep om Syne te wees. Hy is sonder sonde, omdat Hy heeltemal anders is as die sonde en Hy niks met die sonde te doen wil hê nie. Net soos God moet julle ook niks met die sonde te doen hê nie. Bly daarvan weg. Die Skrif sê: “Julle moet niks met die sonde te doen hê nie, want God het niks daarmee te doen nie.”