1 KONINGS 3:16-28

1 KONINGS 3:16-28 Bybel vir almal (ABA)

Eendag het twee vroue wat prostitute was, na die koning toe gekom en voor hom kom staan. Die een vrou het gesê: “Asseblief, Meneer, ek en hierdie vrou woon in een huis, en ek het 'n kind gekry. Hierdie vrou was by my in die huis. Op die derde dag nadat ek die kind gekry het, het hierdie vrou ook 'n kind gekry. Ons was saam, niemand anders was by ons nie. Net ons twee was in die huis. Maar hierdie vrou se kind het daardie nag gesterf, sy het hom doodgelê. Toe staan sy in die middel van die nag op en sy vat mý kind terwyl ek slaap en sy sit hom by haar neer en sy sit haar seun wat dood is, by my neer. Toe ek die volgende oggend opstaan om my kind te laat drink, sien ek hy is dood. Maar toe ek die oggend goed na hom kyk, sien ek dit is nie die kind wat ek gekry het nie.” Maar die ander vrou het gesê: “Nee, die kind wat lewe, is mý kind. Die kind wat dóód is, is jóú kind.” En die vrou wat eerste gepraat het, het gesê: “Nee, jou kind is die kind wat dood is, my kind is die kind wat lewe.” So het hulle voor die koning gestaan en twis. Die koning dink toe: Hierdie vrou sê die seun wat lewe, is haar kind, en die seun wat dood is, is die ander vrou se kind. Daardie vrou sê: “Nee, jóú seun is dood, dit is mý seun wat lewe.” Toe sê die koning: “Bring vir my 'n swaard.” Iemand het vir hom 'n swaard gebring, en die koning het gesê: “Kap die kind wat lewe, in twee stukke en gee vir elke vrou 'n stuk.” Die vrou wat die ma was van die kind wat lewe, het met die koning gepraat. Sy was jammer vir haar seun, en sy het gesê: “Asseblief, Meneer, gee die kind vir daardie vrou, moenie hom doodmaak nie.” Maar die ander vrou het gesê: “Hy sal nie my kind wees nie en ook nie jou kind nie. Kap hom in twee stukke.” Toe sê die koning: “Gee die kind wat lewe vir die vrou wat sê hy moet lewe, moenie hom doodmaak nie, sý is die kind se ma.” Al die Israeliete het gehoor hoe die koning ge-oordeel het. Hulle het die koning gerespekteer, want hulle het gesien dat God self vir die koning wysheid gegee het om reg te kan oordeel.

1 KONINGS 3:16-28 Bybel vir almal (ABA)

Eendag het twee vroue wat prostitute was, na die koning toe gekom en voor hom kom staan. Die een vrou het gesê: “Asseblief, Meneer, ek en hierdie vrou woon in een huis, en ek het 'n kind gekry. Hierdie vrou was by my in die huis. Op die derde dag nadat ek die kind gekry het, het hierdie vrou ook 'n kind gekry. Ons was saam, niemand anders was by ons nie. Net ons twee was in die huis. Maar hierdie vrou se kind het daardie nag gesterf, sy het hom doodgelê. Toe staan sy in die middel van die nag op en sy vat mý kind terwyl ek slaap en sy sit hom by haar neer en sy sit haar seun wat dood is, by my neer. Toe ek die volgende oggend opstaan om my kind te laat drink, sien ek hy is dood. Maar toe ek die oggend goed na hom kyk, sien ek dit is nie die kind wat ek gekry het nie.” Maar die ander vrou het gesê: “Nee, die kind wat lewe, is mý kind. Die kind wat dóód is, is jóú kind.” En die vrou wat eerste gepraat het, het gesê: “Nee, jou kind is die kind wat dood is, my kind is die kind wat lewe.” So het hulle voor die koning gestaan en twis. Die koning dink toe: Hierdie vrou sê die seun wat lewe, is haar kind, en die seun wat dood is, is die ander vrou se kind. Daardie vrou sê: “Nee, jóú seun is dood, dit is mý seun wat lewe.” Toe sê die koning: “Bring vir my 'n swaard.” Iemand het vir hom 'n swaard gebring, en die koning het gesê: “Kap die kind wat lewe, in twee stukke en gee vir elke vrou 'n stuk.” Die vrou wat die ma was van die kind wat lewe, het met die koning gepraat. Sy was jammer vir haar seun, en sy het gesê: “Asseblief, Meneer, gee die kind vir daardie vrou, moenie hom doodmaak nie.” Maar die ander vrou het gesê: “Hy sal nie my kind wees nie en ook nie jou kind nie. Kap hom in twee stukke.” Toe sê die koning: “Gee die kind wat lewe vir die vrou wat sê hy moet lewe, moenie hom doodmaak nie, sý is die kind se ma.” Al die Israeliete het gehoor hoe die koning ge-oordeel het. Hulle het die koning gerespekteer, want hulle het gesien dat God self vir die koning wysheid gegee het om reg te kan oordeel.

1 KONINGS 3:16-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

In dié tyd kom daar twee vroue wat hoere was, na die koning, en hulle gaan voor hom staan. En die een vrou sê: Ag, my heer, ek en hierdie vrou woon in een huis, en ek het by haar in die huis gebaar. En op die derde dag ná my bevalling het hierdie vrou ook gebaar terwyl ons saam was; niemand anders was by ons in die huis nie, maar net ons twee in die huis. En die seun van hierdie vrou het in die nag gesterwe, omdat sy op hom gelê het. Toe staan sy in die middel van die nag op en neem my seun langs my weg terwyl u dienares slaap; en sy het hom in haar skoot neergelê, maar haar dooie seun in my skoot neergelê. Toe ek die môre opstaan om my seun te soog, was hy dood; maar in die môre het ek hom goed bekyk, en dit was nie my seun wat ek gebaar het nie! Maar die ander vrou sê: Nee, maar die lewendige is my seun, en die dooie is jou seun. Maar die eerste sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige is my seun. So het hulle dan voor die koning gestry. Toe dink die koning: Die een sê: Dit is my seun, die lewendige, en jou seun, die dooie. En die ander sê: Nee, maar die dooie is jou seun, en die lewendige my seun. Daarop gee die koning bevel: Bring vir my 'n swaard! En hulle het die swaard voor die koning gebring. En die koning sê: Sny die lewendige kind in twee stukke, en gee die helfte aan die een en die helfte aan die ander. Maar die vrou wie se kind die lewendige was, het met die koning gespreek, want haar binneste was ontroerd oor haar seun — sy het gesê: Ag, my heer, gee haar die lewendige kind en maak hom tog nie dood nie! — terwyl die ander een sê: Hy sal nie myne en ook nie joue wees nie; sny deur! Toe antwoord die koning en sê: Gee haar die lewendige kind en maak hom in geen geval dood nie: sy is die moeder. En die hele Israel het gehoor van die vonnis wat die koning uitgespreek het, en was bevrees vir die koning; want hulle het gesien dat daar goddelike wysheid in sy binneste was om reg te doen.

1 KONINGS 3:16-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

Op 'n keer het twee prostitute met 'n saak na die koning toe gekom. “U Majesteit,” sê die een vrou, “ek en hierdie vrou woon in dieselfde huis, en sy was by toe ek 'n kind in die wêreld gebring het. Drie dae daarna het sy ook 'n kind gekry. Ons was saam in die huis en daar was niemand anders nie; net ons twee was daar. Een nag is hierdie vrou se seuntjie dood; sy het hom doodgelê. Sy staan toe in die middel van die nag op en vat my seuntjie langs my weg terwyl ek slaap, en lê hom by haar neer, en haar seuntjie wat dood is, lê sy by my neer. Toe ek die môre opstaan om die kind te laat drink, toe is hy dood! Maar toe ek hom later in die môre goed bekyk, is dit nie my baba nie.” Toe sê die ander vrou: “Nee, die een wat lewe, is myne. Dis jou seuntjie wat dood is!” En die eerste vrou sê: “Dis jou seuntjie wat dood is! Die een wat lewe, is myne!” So het hulle voor die koning gestaan en stry. Die koning redeneer toe by homself: die een sê: “Die seuntjie wat lewe, is myne, joune is dood,” en die ander sê: “Nee, jou seuntjie is dood; die een wat lewe, is myne.” Toe beveel die koning: “Bring vir my 'n swaard!” Hulle het die swaard gebring, en die koning het gesê: “Sny die kind wat lewe in twee stukke en gee vir elkeen van hulle 'n helfte!” Maar die ma van die kind wat lewe, begin toe by die koning smeek, want haar hart het inmekaar gekrimp oor die lot van haar baba, en sy sê: “Asseblief, U Majesteit, gee die seuntjie wat lewe vir haar, moet hom tog net nie doodmaak nie.” Maar die ander vrou sê: “As ek hom nie kry nie, kry jy hom ook nie. Sny hom deur!” Toe sê die koning: “Moenie die kind doodmaak nie, maar gee hom vir die een dáár, sý is die ma!” Die hele Israel het gehoor van die uitspraak wat die koning gelewer het, en hulle het hoë agting vir die koning gekry, want dit het vir hulle duidelik geword dat hy van God self wysheid ontvang het om regsake uit te wys.

1 KONINGS 3:16-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Daarna het twee vroue wat prostitute was, na die koning gekom en voor hom gaan staan. Die een vrou het gesê: “Asseblief, my heer! Ek en hierdie vrou woon in dieselfde huis. Ek het by haar in die huis geboorte geskenk. Op die derde dag nadat ek geboorte geskenk het, het ook hierdie vrou geboorte geskenk. Ons was saam; daar was geen buitestander by ons in die huis nie, net die twee van ons was in die huis. Die seuntjie van hierdie vrou is in die nag dood, want sy het op hom gelê. Maar in die middel van die nag het sy opgestaan en my seuntjie langs my gevat terwyl u dienares geslaap het. Sy het hom teen haar bors neergelê, en haar dooie seuntjie het sy teen my bors neergelê. Toe ek die oggend opstaan om my seuntjie te voed, toe is hy dood! Maar toe ek hom die oggend goed bekyk, sowaar, toe is dit nie my seuntjie wat ek in die wêreld gebring het nie!” Die ander vrou sê toe: “Nee! My seuntjie is die lewende een! Jou seuntjie is die dooie een!” Die eerste vrou het egter volgehou: “Nee! Jou seuntjie is die dooie een! My seuntjie is die lewende een!” So het hulle voor die koning gestry. Die koning het gesê: “Hierdie een hou vol, ‘Dit is my seun, die lewende een, en jou seun is die dooie een.’ En daardie een hou vol, ‘Nee! Jou seun is die dooie een, en my seun die lewende.’ ” Toe sê die koning: “Bring vir my 'n swaard.” Hulle bring toe die swaard voor die koning. Daarna sê die koning: “Sny die lewende kind in twee, en gee die een helfte vir die een vrou en die ander helfte vir die ander vrou.” Maar die vrou wie se kind die lewende een was, praat toe met die koning omdat haar deernis vir haar seuntjie haar oorweldig het. Sy het vir die koning gesê: “Asseblief, my heer! Gee liewer die lewende kindjie vir haar – moet hom net nie doodmaak nie.” Maar die ander vrou het volgehou: “Hy sal nie myne nie, maar ook nie joune wees nie. Sny deur!” Daarop het die koning gereageer deur te sê: “Gee vir die eerste vrou die lewende kindjie. Moet hom glad nie doodmaak nie! Sy is sy ma.” Toe die hele Israel hoor van die beslissing wat die koning gelewer het, het hulle vir die koning ontsag gehad, want hulle het gesien dat die wysheid van God in hom was om die reg te handhaaf.

1 KONINGS 3:16-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Toe kom daar twee vroue wat hoere was, na die koning en staan voor hom. En die een vrou sê: O my heer, ek en hierdie vrou woon in een huis; en ek het 'n kind by haar in die huis gekry. En op die derde dag nadat ek gebaar is, is hierdie vrou ook gebaar; en ons was saam; daar was geen vreemdeling by ons in die huis nie, behalwe ons twee in die huis. En hierdie vrou se kind het in die nag gesterf; want sy het dit oorgetrek. En sy het middernag opgestaan en my seun langs my weggeneem, terwyl u dienares slaap, en dit in haar boesem neergelê en haar dooie kind in my boesem neergelê. En toe ek die môre opstaan om my kind te soog, kyk, hy was dood; maar toe ek dit in die môre oorweeg het, kyk, dit was nie my seun wat ek gebaar het nie. En die ander vrou sê: Nee; maar die lewende is my seun, en die dooie is jou seun. En dit het gesê: Nee; maar die dooie is jou seun, en die lewende is my seun. So het hulle voor die koning gespreek. Toe sê die koning: Die een sê: Dit is my seun wat lewe, en jou seun is dood; en die ander sê: Nee! maar jou seun is die dood, en my seun is die lewende. Toe sê die koning: Bring vir my 'n swaard. En hulle het 'n swaard voor die koning gebring. Toe sê die koning: Verdeel die lewende kind in twee en gee die helfte aan die een en die helfte aan die ander. Toe het die vrou wie se lewende kind was, met die koning gespreek, want haar ingewande het verlang na haar seun, en sy het gesê: O my heer, gee haar die lewende kind en maak dit nooit dood nie. Maar die ander een sê: Laat dit nie myne of joune wees nie, maar verdeel dit. Toe antwoord die koning en sê: Gee haar die lewende kind, en maak dit geensins dood nie; sy is die moeder daarvan. En die hele Israel het gehoor van die oordeel wat die koning gerig het; en hulle was bang vir die koning, want hulle het gesien dat die wysheid van God in hom was om oordeel te doen.

1 KONINGS 3:16-28 Die Boodskap (DB)

Op ’n dag het twee prostitute na Salomo toe gekom en hulle probleem aan hom vertel. Eers het die een prostituut haar kant van die saak gestel en gesê: “U Majesteit, ek en hierdie vrou woon saam in dieselfde huis. My seun is in die huis gebore terwyl hierdie vrou by was. Twee dae na my seun se geboorte het sy self ’n seun in wêreld gebring. Slegs ons twee was in die huis toe die kinders gebore is. Niemand was by ons toe dit gebeur het nie. Een nag het dié vrou per ongeluk in haar slaap op die kind gelê en hy het versmoor. Gedurende die nag het sy toe stil-stil opgestaan en die slapende kind langs my opgetel en na haar bed toe geneem. Toe het sy die dooie kind gevat en hom langs my in die bed gesit. Vroeg die volgende oggend het ek wakker geword om my kind te voed. Dit is toe dat ek sien hy is dood. Ek het stip na die kind gekyk en besef dit is nie my seun nie.” Die ander vrou het dit ontken en gesê: “Nee, jy is verkeerd. Die kind wat leef, is myne en die dooie een is joune.” So het hulle voor die koning staan en stry. Salomo het goed geluister en toe vir homself gesê: “Die een sê: ‘Die kind wat leef, is myne,’ terwyl die ander een weer sê: ‘Dit is nie waar nie. Jou kind is dood. Dit is myne wat nog leef.’” Salomo het vir ’n swaard gevra en toe gesê: “Sny die een wat leef, middeldeur en gee aan elke vrou ’n helfte.” Toe die regte ma dit hoor, het haar hart inmekaargekrimp. Sy was so lief vir die kind dat sy onmiddellik vir die koning gesê het: “Asseblief, U Majesteit, asseblief. Moet tog net nie die kind doodmaak nie. Laat sy dan maar die kind kry, maar moet hom tog net nie doodmaak nie.” Die ander vrou het weer gesê: “Sny die kind in die middel deur sodat nie een van ons iets van hom sal hê nie.” Salomo het toe gesê: “Stop! Moenie die kind doodmaak nie! Gee hom vir die eerste vrou, want sy is die kind se regte ma.” Toe die mense hiervan hoor, was hulle diep beïndruk en het groot respek vir Salomo gehad. Hulle het gesê die Here het hom insig en wysheid gegee om regverdig in hofsake te oordeel.

1 KONINGS 3:16-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Tyd daarna het twee prostitute na die koning toe gekom vir beslegting van ’n geskil. “Asseblief, my heer die koning,” het die een gesê, “ek en hierdie vrou bly saam in dieselfde huis. Ek het ’n baba in die wêreld gebring terwyl sy by my in die huis was. Drie dae later het sy ook ’n baba gehad. Ons was alleen, en daar was geen ander persoon nie. Dis net die twee van ons wat in die huis was. Een nag het haar seuntjie gesterf toe sy op hom gelê het. In die middel van die nag het sy opgestaan terwyl ek nog geslaap het en my seuntjie gevat. Sy neem toe haar dooie kind, lê hom in my arms en neem myne om by haar te slaap. Toe ek in die oggend my kind wou laat drink, ontdek ek dat hy dood is! Maar toe ek hom later in die oggend goed bekyk, merk ek dat dit glad nie my seun is nie.” Die ander vrou val haar toe in die rede: “Nee! Die een wat lewe, is my seun! Die dooie een is beslis jou seun!” “Nee,” sê die eerste vrou, “die seuntjie wat dood is, is joune en die lewende een is myne!” So het hulle voor die koning met mekaar gestry. Toe sê die koning: “Albei van julle maak aanspraak op die lewende kind, en albei sê die dooie een is die ander een s’n. Goed, bring vir my ’n swaard.” Iemand het vir hom ’n swaard gebring. Hy sê toe: “Sny die lewende kind in twee en gee ’n helfte vir elkeen van hulle!” Maar die ma van die lewende kind roep toe uit: “Nee, my heer! Gee dan liewer die lewende kind vir haar, maar moenie hom doodmaak nie!” Maar die ander vrou sê: “Dis goed so, dan sal hy nóg myne nóg joune wees. Sny hom deur!” Toe sê die koning: “Moenie die kind doodmaak nie. Gee die lewende kind aan die eerste vrou. Sy is die regte ma!” Die koning se uitspraak het in die hele Israel bekend geword. Hulle het groot respek vir die koning gekry, want hulle het besef dat God besondere wysheid aan hom gegee het om regverdig te kan oordeel.