1 KONINGS 3:1-2
1 KONINGS 3:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Salomo het die skoonseun van die farao, die koning van Egipte, geword. Hy het die dogter van die farao as vrou geneem. Hy het haar na die Stad van Dawid gebring, totdat hy klaar was met die bou van sy paleis en die huis van die HERE, en met die muur rondom Jerusalem. Die volk het nog steeds net op die offerhoogtes geoffer, omdat 'n huis vir die Naam van die HERE tot in daardie tyd nog nie gebou was nie.
1 KONINGS 3:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Salomo het ’n verdrag gesluit met Farao, die koning van Egipte. Hy het met een van sy dogters getrou en haar na die Dawidstad toe gebring. Hy het haar daar laat woon totdat hy sy paleis, die tempel van die HERE en die muur rondom die stad voltooi het. Toe het die Israeliete nog oral op die hoogtes geoffer omdat daar nog nie ’n tempel tot eer van die Naam van die HERE was nie.
1 KONINGS 3:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Salomo het 'n ooreenkoms gemaak met die farao, die koning van Egipte. Hy het met die dogter van die farao getrou en hy het haar in die Dawidstad laat woon totdat hy sy paleis en die tempel en die muur rondom Jerusalem klaar gebou het. Die mense het in daardie tyd nog aangehou om op die offer-plekke te offer, want die tempel vir die Here was nog nie gebou nie.
1 KONINGS 3:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Salomo het hom verswaer met Farao, die koning van Egipte; hy het naamlik die dogter van Farao geneem en haar in die stad van Dawid ingebring totdat hy met die bou van sy huis en die huis van die HERE en die muur van Jerusalem rondom klaar sou wees. Alleenlik het die volk gedurig op die hoogtes geoffer, omdat tot op daardie dae daar geen huis vir die Naam van die HERE gebou was nie.
1 KONINGS 3:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Salomo het hom verbind aan die familie van die farao, die koning van Egipte. Hy het getrou met die dogter van die farao en haar in die Dawidstad laat woon totdat hy sy paleis en die tempel van die Here en die muur rondom die stad klaar gebou het. In daardie dae het die volk nog altyddeur op die hoogtes geoffer, omdat daar nog nie 'n tempel vir die Naam van die Here opgerig was nie.
1 KONINGS 3:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Salomo het die skoonseun van die farao, die koning van Egipte, geword. Hy het die dogter van die farao as vrou geneem. Hy het haar na die Stad van Dawid gebring, totdat hy klaar was met die bou van sy paleis en die huis van die HERE, en met die muur rondom Jerusalem. Die volk het nog steeds net op die offerhoogtes geoffer, omdat 'n huis vir die Naam van die HERE tot in daardie tyd nog nie gebou was nie.
1 KONINGS 3:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Salomo het 'n band met Farao, die koning van Egipte, geneem en Farao se dogter geneem en haar in die stad van Dawid gebring totdat hy klaar gemaak het met die bou van sy eie huis en die huis van die HERE en die muur van Jerusalem rondom. Net die volk het op hoogtes geoffer, want daar was tot op daardie dae geen huis vir die Naam van die HERE gebou nie.
1 KONINGS 3:1-2 Die Boodskap (DB)
Salomo het ’n ooreenkoms met die koning van Egipte gesluit deur met sy dogter te trou. Hy het sy nuwe vrou Jerusalem toe gebring en haar in die Dawidstad laat woon. Salomo se paleis, die tempel en die stadsmure was toe nog nie klaar gebou nie. Omdat daar nog nie ’n tempel vir die Here was nie, het die volk op verskillende plekke in die land geoffer.