1 KONINGS 22:19
1 KONINGS 22:19 Bybel vir almal (ABA)
Miga het toe weer gepraat: “Luister wat sê die Here. Ek het gesien die Here sit op sy troon en almal wat in die hemel is, staan by Hom, hulle staan regs en links langs Hom.
1 KONINGS 22:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter- en aan sy linkerhand.
1 KONINGS 22:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
En Miga praat verder: “Hoor die woord van die Here! Ek het die Here op sy troon sien sit met die hele hemelse leërmag wat weerskante van Hom staan.
1 KONINGS 22:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Miga het gesê: “Daarom, hoor die woord van die HERE! Ek het die HERE sien sit op sy troon, met die hele hemelse leër wat by Hom staan, aan sy regter- en aan sy linkerkant.
1 KONINGS 22:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê: Hoor dan die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon en die hele leër van die hemel staan by hom aan sy regter- en aan sy linkerhand.