1 KONINGS 19:8
1 KONINGS 19:8 Bybel vir almal (ABA)
Elia het toe opgestaan en geëet en gedrink. En daardie kos het hom so sterk gemaak dat hy 40 dae en 40 nagte lank geloop het tot by Horeb, die berg van God.
1 KONINGS 19:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het toe opgestaan en geëet en gedrink en deur die krag van die voedsel veertig dae en veertig nagte lank geloop tot by die berg van God, Horeb.
1 KONINGS 19:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God.
1 KONINGS 19:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het toe opgestaan, geëet en gedrink. Met die krag van daardie voedsel het hy veertig dae en veertig nagte geloop, tot by Horeb, die berg van God.
1 KONINGS 19:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het opgestaan en geëet en gedrink en met die krag van daardie spys veertig dae en veertig nagte na Horeb, die berg van God, gegaan.