1 KONINGS 19:18
1 KONINGS 19:18 Bybel vir almal (ABA)
Maar Ek sal in die land Israel 7 000 mense laat oorbly wat nie hulle knieë gebuig het voor Baäl nie. Hulle het hom nie aanbid en gesoen nie.”
1 KONINGS 19:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Ek sal seweduisend in Israel laat oorbly, al die knieë wat nie voor Baäl gekniel en elke mond wat hom nie gesoen het nie.
1 KONINGS 19:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Ek sal in Israel die sewe duisend laat oorbly wat nie die Baälbeeld aanbid het nie.”
1 KONINGS 19:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Ek het in Israel seweduisend laat oorbly. Dit is al die knieë wat nie voor Baäl gebuig het nie en elke mond wat hom nie gesoen het nie.”
1 KONINGS 19:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Ek het vir my sewe duisend in Israel laat oorbly, al die knieë wat nie voor Baäl gebuig het nie, en elke mond wat hom nie gesoen het nie.