1 KONINGS 17:9
1 KONINGS 17:9 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moet gereedmaak en na die stad Sarfat gaan in die land van die Sidoniërs. Jy moet daar gaan bly. Ek het vir 'n weduwee daar gesê sy moet vir jou kos gee.”
1 KONINGS 17:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan 'n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.
1 KONINGS 17:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Gaan na Sarfat toe by Sidon en gaan bly daar. Ek het 'n weduwee daar opdrag gegee om vir jou te sorg.”
1 KONINGS 17:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Maak gereed, gaan na Sarfat, wat aan Sidon behoort, en bly daar. Kyk, Ek het 'n weduwee daar beveel om jou van kos te voorsien.”
1 KONINGS 17:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Staan op, gaan na Sarfat wat aan Sidon behoort, en woon daar; kyk, Ek het 'n weduwee daar bevel gegee om jou te onderhou.