1 JOHANNES 5:4-5
1 JOHANNES 5:4-5 Bybel vir almal (ABA)
elke kind van God oorwin die wêreld. Ons oorwin die wêreld wanneer ons in Jesus glo. Ja, as ons glo dat Jesus die Seun van God is, dan oorwin ons die wêreld.
1 JOHANNES 5:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
1 JOHANNES 5:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
1 JOHANNES 5:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want elkeen wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dít is die oorwinning wat die wêreld oorwin – ons geloof. Wie anders oorwin die wêreld as hy wat glo dat Jesus die •Seun van God is?
1 JOHANNES 5:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld, en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin, naamlik ons geloof. Wie is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
1 JOHANNES 5:4-5 Die Boodskap (DB)
want elke kind in die familie van God is ’n wenner, ’n wenner oor hierdie sondige wêreld. Die manier waarop ons die sondige wêreld wen, is deur naby aan Jesus te leef. Dus: Wie is die wenner oor die wêreld? Dit is die persoon wie se verhouding met Jesus reg is omdat hy weet Jesus is die Seun van God.