1 JOHANNES 5:11-12
1 JOHANNES 5:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.
1 JOHANNES 5:11-12 Bybel vir almal (ABA)
God het vir ons gesê dat Hy vir ons die ewige lewe gee. Ja, sy Seun gee vir ons die ewige lewe. Almal wat in die Seun glo, het die ewige lewe, maar almal wat nie in die Seun glo nie, het nie die ewige lewe nie.
1 JOHANNES 5:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
1 JOHANNES 5:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En dit is die getuienis: dat God die ewige lewe vir ons gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
1 JOHANNES 5:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is die getuienis dat God aan ons die ewige lewe gegee het, en hierdie lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; en wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
1 JOHANNES 5:11-12 Die Boodskap (DB)
Wat behels hierdie getuienis oor sy Seun presies? God bied die ewige lewe vir ons aan. Hierdie lewe is in en by sy Seun beskikbaar. Wie dus in ’n hegte verhouding met die Seun staan, kry die lewe by die Seun. Wie nie in so ’n verhouding met die Seun van God staan nie, loop die lewe heeltemal mis.
1 JOHANNES 5:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En dit is die inhoud van sy getuienis: God het aan ons die ewige lewe gegee, en dié lewe bestaan in ’n hegte verhouding met sy Seun. Hy wat deel het aan die Seun, het nou reeds die ewige lewe; wie nie deel het aan die Seun van God nie, het ook nie deel aan die ewige lewe nie.