1 JOHANNES 5:1
1 JOHANNES 5:1 Bybel vir almal (ABA)
Almal wat glo dat Jesus die Christus is, is kinders van God, en almal wat lief is vir God die Vader, is ook lief vir God se ander kinders.
1 JOHANNES 5:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ELKEEN wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.
1 JOHANNES 5:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is 'n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is.
1 JOHANNES 5:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elkeen wat glo dat Jesus die •Christus is, is uit God gebore, en elkeen wat die Vader liefhet, het ook almal lief wat uit Hom gebore is.
1 JOHANNES 5:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die vader liefhet, het ook hom lief wat uit Hom gebore is.