1 JOHANNES 4:12,18
1 JOHANNES 4:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons, en het sy liefde in ons tot vervulling gekom.
1 Johannes 4:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite; want vrees het te doen met straf, en wie vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
1 JOHANNES 4:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.
1 JOHANNES 4:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.
1 JOHANNES 4:12 Die Boodskap (DB)
Niemand het God nog ooit gesien nie. As ons egter mekaar liefhet, kan mense God in ons lewe sien. Sy liefde blom in ons soos Hy bedoel het dit moet wees.
1 Johannes 4:18 Die Boodskap (DB)
Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf wat kan kom.
1 JOHANNES 4:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Niemand het God nog ooit gesien nie; as ons egter mekaar werklik aanhou liefhê, leef God in ons optrede en het sy liefde in ons optrede ten volle tot verwesenliking gekom.
1 JOHANNES 4:18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volmaakte liefde bemeester nie.
1 JOHANNES 4:12 Bybel vir almal (ABA)
Niemand het vir God gesien nie, nooit. As ons lief is vir mekaar, dan bly God by ons en dan is ons harte vol van sy liefde.
1 Johannes 4:18 Bybel vir almal (ABA)
Mense wat liefde in hulle harte het, is nie bang nie, want as hulle regtig liefde in hulle harte het, dan kan hulle nie meer bang wees nie. Mense is altyd bang vir straf. Die mense wat bang is dat God hulle sal straf, is die mense wat nie regtig liefde in hulle harte het nie.
1 JOHANNES 4:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.
I JOHANNES 4:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
1 JOHANNES 4:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.
1 JOHANNES 4:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.
1 JOHANNES 4:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons, en het sy liefde in ons tot vervulling gekom.
1 Johannes 4:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite; want vrees het te doen met straf, en wie vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
1 JOHANNES 4:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Niemand het God ooit gesien nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons, en het sy liefde in ons volmaak geword.
1 Johannes 1 Johannes 4:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar is geen vrees in liefde nie; maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees het pyniging. Hy wat vrees, word nie in liefde volmaak nie.