1 JOHANNES 4:10
1 JOHANNES 4:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierin bestaan die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het, en sy Seun gestuur het as versoening vir ons sondes.
1 JOHANNES 4:10 Bybel vir almal (ABA)
Ware liefde is nie dat óns lief was vir God nie, maar dat Gód lief was vir ons en dat Hy sy Seun gestuur het. Sy Seun het gesterf, Hy was die offer wat ons sonde weggeneem het en wat ons met God versoen het.
1 JOHANNES 4:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.
1 JOHANNES 4:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.
1 JOHANNES 4:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hierin is die liefde, nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.