1 JOHANNES 4:1-2
1 JOHANNES 4:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, julle moenie vir almal glo wat sê dat hulle God se Gees in hulle het nie. Julle moet uitvind of hulle regtig God se Gees het, want daar is baie vals profete in die wêreld. Hoe moet julle uitvind of iemand die Gees van God het? As mense sê hulle glo dat Jesus Christus regtig 'n mens geword het, dan het hulle die Gees van God.
1 JOHANNES 4:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
GELIEFDES, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God
1 JOHANNES 4:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is.
1 JOHANNES 4:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geliefdes, moenie elke gees glo nie, maar toets die geeste of hulle van God kom, want daar is reeds baie vals profete in die wêreld. Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus •Christus vlees geword het, is uit God
1 JOHANNES 4:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar toets die geeste of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God.
1 JOHANNES 4:1-2 Die Boodskap (DB)
Liewe vriende, moenie enige persoon glo wat beweer hy sê dit of dat onder die invloed en leiding van die Gees nie. Ondersoek en toets eers hierdie “geestesuitsprake”. Kyk of die oorsprong daarvan regtig by God lê; die wêreld is vol vals profete. Ons kan die Gees van God só uitken: iemand wat nie bang is om vir seker te sê dat Jesus Christus mens van vlees en bloed geword het nie, het die Gees wat van God af kom.
1 JOHANNES 4:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Geliefdes, moenie sommer almal glo wat daarop aanspraak maak dat hulle deur die Gees optree nie. Toets hulle om te bepaal of dié bepaalde gees sy oorsprong by God het, want daar het reeds baie vals profete die wêreld ingekom. Hieraan herken julle die Gees van God: Elkeen wat erken dat Jesus Christus werklik ten volle mens geword het, is van God afkomstig.