1 JOHANNES 3:7-8
1 JOHANNES 3:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, julle moenie luister na mense wat verkeerde dinge vir julle leer nie. Mense wat lewe soos God wil hê, is gehoorsaam aan God, soos Jesus gehoorsaam is aan God. Maar mense wat aanhou om sonde te doen, is kinders van die duiwel, want die duiwel doen van die begin af sonde. Die Seun van God het na die wêreld gekom sodat die duiwel nie sal kan doen wat hy wil doen nie.
1 JOHANNES 3:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie geregtigheid doen, is regverdig soos hy regverdig is. Hy wat sonde doen, is uit die duiwel; want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel is die Seun van God geopenbaar, om die werke van die duiwel te vernietig.
1 JOHANNES 3:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is. Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.
1 JOHANNES 3:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is; wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.
1 JOHANNES 3:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie doen wat reg is, is regverdig, soos Hy regverdig is. Wie sonde doen, is uit die Duiwel, omdat die Duiwel van die begin af sondig. Hiervoor het die •Seun van God verskyn: om die dade van die Duiwel te vernietig.
1 JOHANNES 3:7-8 Die Boodskap (DB)
Liewe kinders, moenie toelaat dat iemand julle om die bos lei nie. Jesus se verhouding met God is reg. Net so is iemand wat gewoonlik dinge doen wat vir God reg is, se verhouding met God ook reg. Daarteenoor is iemand wat gedurig alles doen waarvan God nie hou nie, ’n kind van die duiwel. Die duiwel doen mos nog altyd dit waarvan God nie hou nie. Die Seun van God het juis aarde toe gekom om die duiwel te kom vasvat.
1 JOHANNES 3:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kinders, moenie dat iemand julle hieroor mislei nie: Elkeen wat reg leef, is regverdig, net soos Hy regverdig is. Elkeen wat aanhou sonde doen, is familie van die duiwel omdat die duiwel van die heel begin af sonde gedoen het. Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig.