1 JOHANNES 3:18-21
1 JOHANNES 3:18-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kinders, ons moenie net met woorde, met die tong, liefhê nie, maar met die daad, in waarheid. En hieraan sal ons weet dat ons uit die waarheid kom, en met 'n geruste gewete voor God kan staan: Wanneer ons gewete ons veroordeel, God is groter as ons gewete en Hy weet alles. Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, kan ons met vrymoedigheid voor God staan.
1 JOHANNES 3:18-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. Deur ons optrede sal ons weet dat ons getrou aan die waarheid lewe en dat ons ons gewete voor Hom tot rus kan bring. Maar selfs wanneer ons gewete ons sou aankla – God is groter as ons gewete en Hy weet alles. Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God toe te gaan.
1 JOHANNES 3:18-21 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ons moet lief wees vir die ander gelowiges, maar ons moet dit nie net sê nie. Ons moet dinge dóén wat wys dat ons lief is vir hulle omdat ons weet wat die waarheid is. As ons daardie dinge doen, dan sal ons weet dat God sy waarheid vir ons gegee het. As ons skuldig voel en dink God moet ons straf, dan moet ons nie bang wees vir God se oordeel nie. Want ons weet dat God belangriker is as die dinge wat ons in ons harte voel. En God weet alles. Vriende, ons voel nie skuldig nie en ons is nie bang vir God se straf nie, daarom is ons ook nie bang om vir Hom iets te vra nie.
1 JOHANNES 3:18-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel, want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God
1 JOHANNES 3:18-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring. As ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles. Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan
1 JOHANNES 3:18-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My kinders, laat ons nie liefhê met woord of met tong nie; maar in daad en in waarheid. En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is, en ons sal ons harte voor Hom verseker. Want as ons hart ons veroordeel, God is groter as ons hart en weet alles. Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vertroue op God.
1 JOHANNES 3:18-21 Die Boodskap (DB)
My liewe kinders, ons liefde moenie net uit ’n gepraat bestaan nie. Dit moet in dade uitgeleef word. Dit is wat iemand doen vir wie God se waarheid belangrik is. So sal ons daarvan seker kan wees dat wat ons doen uit die fontein van God se waarheid borrel. Ons sal met vertroue voor God self kan staan. Selfs as daar dinge is waaroor ons skuldig of onseker voel, weet ons dat God groter is as al ons skuldgevoelens of onsekerhede. Hy weet immers meer oor ons as ons self. My liewe vriende, as ons van hierdie skuldgevoelens en slegte gewete ontslae is, is daar niks wat ons meer keer om by God op ons gemak te wees nie.