1 JOHANNES 3:18-19
1 JOHANNES 3:18-20 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ons moet lief wees vir die ander gelowiges, maar ons moet dit nie net sê nie. Ons moet dinge dóén wat wys dat ons lief is vir hulle omdat ons weet wat die waarheid is. As ons daardie dinge doen, dan sal ons weet dat God sy waarheid vir ons gegee het. As ons skuldig voel en dink God moet ons straf, dan moet ons nie bang wees vir God se oordeel nie. Want ons weet dat God belangriker is as die dinge wat ons in ons harte voel. En God weet alles.
1 JOHANNES 3:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel
1 JOHANNES 3:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring.
1 JOHANNES 3:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kinders, ons moenie net met woorde, met die tong, liefhê nie, maar met die daad, in waarheid. En hieraan sal ons weet dat ons uit die waarheid kom, en met 'n geruste gewete voor God kan staan
1 JOHANNES 3:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My kinders, laat ons nie liefhê met woord of met tong nie; maar in daad en in waarheid. En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is, en ons sal ons harte voor Hom verseker.
1 JOHANNES 3:18-19 Die Boodskap (DB)
My liewe kinders, ons liefde moenie net uit ’n gepraat bestaan nie. Dit moet in dade uitgeleef word. Dit is wat iemand doen vir wie God se waarheid belangrik is. So sal ons daarvan seker kan wees dat wat ons doen uit die fontein van God se waarheid borrel. Ons sal met vertroue voor God self kan staan.