1 JOHANNES 3:14
1 JOHANNES 3:14 Bybel vir almal (ABA)
Ons weet dat ons nie meer geestelik dood is nie, ons lewe. Ons weet dit omdat ons lief is vir die ander gelowiges. Mense wat nie lief is vir ander gelowiges nie, is nog geestelik dood.
1 JOHANNES 3:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broeder nie liefhet nie, bly in die dood.
1 JOHANNES 3:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood.
1 JOHANNES 3:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons weet dat ons uit die dood oorgegaan het na die lewe, omdat ons ons broers liefhet. Wie nie liefhet nie, bly in die dood.
1 JOHANNES 3:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ons weet dat ons oorgegaan het uit die dood in die lewe, omdat ons die broeders liefhet. Hy wat sy broer nie liefhet nie, bly in die dood.