1 JOHANNES 3:10-11
1 JOHANNES 3:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hieraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die Duiwel is: Wie nie doen wat reg is nie, is nie uit God nie. Dieselfde geld vir iemand wat nie sy broer liefhet nie. Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Dat ons mekaar moet liefhê
1 JOHANNES 3:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Hoe weet 'n mens wie is kinders van God en wie is kinders van die duiwel? Kinders van God doen wat God wil hê en hulle is lief vir die ander gelowiges. Toe julle begin het om in Jesus te glo, het julle gehoor dat julle lief moet wees vir mekaar.
1 JOHANNES 3:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie. Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê
1 JOHANNES 3:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie. Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê.
1 JOHANNES 3:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hieraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die Duiwel is: Wie nie doen wat reg is nie, is nie uit God nie. Dieselfde geld vir iemand wat nie sy broer liefhet nie. Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Dat ons mekaar moet liefhê
1 JOHANNES 3:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, ook nie hy wat sy broer nie liefhet nie. Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê.
1 JOHANNES 3:10-11 Die Boodskap (DB)
Wil julle weet wie ’n kind van die duiwel en wie ’n kind van God is? Kyk maar, iemand wat nie doen wat vir God reg is nie en sy broer of suster nie liefhet nie, is beslis nie ’n kind van God nie. “Ons moet mekaar liefhê!” Hierdie boodskap het julle reg van die begin af gehoor.
1 JOHANNES 3:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op hierdie manier is dit duidelik wie die kinders van God en wie die kinders van die duiwel is. Almal wat nie reg optree nie en ook nie hulle medegelowiges liefhet nie, is nie uit God nie. Dít is die boodskap wat ons van die heel begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê.