1 JOHANNES 2:15
1 JOHANNES 2:15 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie lief wees vir hierdie sondige wêreld en vir die dinge van die wêreld nie. As julle lief is vir die wêreld, dan is julle nie lief vir die Vader nie.
1 JOHANNES 2:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
1 JOHANNES 2:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie.
1 JOHANNES 2:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moenie die wêreld, of wat in die wêreld is, liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die liefde van die Vader nie in hom nie
1 JOHANNES 2:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moenie die wêreld liefhê nie, ook nie die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, is die liefde van die Vader nie in hom nie.
1 JOHANNES 2:15 Die Boodskap (DB)
Moenie na die pype van hierdie wêreld dans nie. Moenie lief word vir die dinge wat vir die wêreld belangrik is nie. As iemand dit doen, kan hy mos nie sê dat hy lojaal teenoor die Vader is nie.