1 KORINTIËRS 9:23-26
1 KORINTIËRS 9:23-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê. Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie.
1 KORINTIËRS 9:23-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Al hierdie dinge het ek ter wille van die Goeie Nuus gedoen sodat ek ook aandeel aan sy seëninge kan verkry. Onthou, daar hardloop baie atlete op die baan, maar net een ontvang die prys. Hardloop só dat julle die prys sal ontvang. Al die deelnemers pas absolute selfdissipline toe. Húlle doen dit om ’n prys te wen wat heel gou sal vergaan. Maar óns doen dit vir ’n ewige prys. Daarom pyl ek reguit op die wenpaal af, doelgerig met elke tree wat ek gee. Ek is soos ’n bokser wat met elke hou tref.
1 KORINTIËRS 9:23-26 Bybel vir almal (ABA)
Ek doen dit alles vir die goeie boodskap van Christus, sodat ek self ook kan kry wat Hy in sy boodskap belowe. Julle weet dit baie goed: Wanneer mense resies hardloop, dan is daar baie atlete wat hardloop, maar net één wat wen. Julle moet só hardloop dat julle kan wen. Elkeen wat resies wil hardloop, weet dat daar baie dinge is wat hy nie mag doen nie. As hy daardie verkeerde dinge doen, dan kan hy nie wen nie. En as hy wen, dan kry hy 'n lourier-krans. Hierdie kransie se blare bly nie lank mooi nie, dit verlep gou. Maar óns wat werk vir die goeie boodskap van Christus, ons kry 'n prys wat altyd mooi bly, dit verlep nooit nie. Daarom hardloop ek soos iemand wat baie graag wil wen. Ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie, ek slaan soos iemand wat iets wil raakslaan.
1 KORINTIËRS 9:23-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek 'n deelgenoot daarvan kan word. Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.
1 KORINTIËRS 9:23-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê. Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie.
1 KORINTIËRS 9:23-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ook ek daarin mag deel. Weet julle nie dat die atlete wat in 'n stadion aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle dit ontvang. Almal wat deelneem, pas in alle opsigte dissipline toe – hulle nogal om 'n verganklike oorwinningskrans te ontvang, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop daarom so, dat dit nie doelloos is nie; ek boks so, dat ek nie in die lug slaan nie.
1 KORINTIËRS 9:23-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek saam met julle deel kan hê. Weet julle nie dat die wat in 'n wedloop hardloop, almal hardloop, maar een ontvang die prys nie? So hardloop, dat julle kan verkry. En elkeen wat hom beywer vir heerskappy, is in alle opsigte ingetoë. Nou doen hulle dit om 'n verganklike kroon te verkry; maar ons is 'n onverganklike. Ek hardloop dus so, nie so onseker nie; so veg ek, nie soos een wat die lug slaan nie.
1 KORINTIËRS 9:23-26 Die Boodskap (DB)
Ek doen dit alles omdat die evangelie soveel vir my beteken. Wanneer die evangelie mense se lewe verander, doen dit net soveel aan my as aan hulle. Julle weet dat al hardloop ’n klomp mense in ’n resies daar net een wenner kan wees. Moenie die spel van die lewe speel met die doel om tweede te kom nie. Leef jou lewe so dat jy wen. As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard. Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd. Daarom haal ek alles uit en speel die spel van hierdie lewe so goed ek kan, om te wen.