1 KORINTIËRS 8:5-6
1 KORINTIËRS 8:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Ja, baie mense sê dat daar gode in die hemel of op die aarde is, en ons weet mense aanbid daardie baie gode en noem hulle ook “Here.” Maar vir ons is daar net één God. Hy is die Vader wat alles gemaak het. Ons moet vir Hom lewe. En daar is een Here. Hy is Jesus Christus. Jesus het saam met die Vader gewerk om alles te maak, Hy het vir ons die ware lewe gegee.
1 KORINTIËRS 8:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is — soos daar baie gode en baie here is — tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
1 KORINTIËRS 8:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
En al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is, soos daar trouens baie is wat “God” en baie wat “Here” genoem word, is daar nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe.
1 KORINTIËRS 8:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Selfs al is daar inderdaad sogenaamde gode in die hemel of op die aarde, en net so ook baie “gode” en baie “here” – Vir ons egter is daar een God, die Vader, uit wie alles is, en ons vir Hom, en een Here, Jesus •Christus, deur wie alles is, en ons deur Hom.
1 KORINTIËRS 8:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want al is daar ook wat gode genoem word, hetsy in die hemel of op die aarde, (soos daar baie gode is en baie here) Maar vir ons is daar maar een God, die Vader, uit wie alles is, en ons in Hom; en een Here Jesus Christus, deur wie alle dinge is, en ons deur Hom.
1 KORINTIËRS 8:5-6 Die Boodskap (DB)
Mense praat maklik van “gode” wat glo in die hemel of op die aarde is. So hoor ’n mens van baie verskillende “gode” en “here”. Ons weet egter dat daar net een God is. Alles het deur Hom ontstaan en ons leef net vir Hom. Daar is ook net een Here, naamlik Jesus Christus. Hy is die instrument waardeur alles gemaak is en aan wie ons ook ons bestaan te danke het.
1 KORINTIËRS 8:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Selfs al sou daar, volgens sommige, gode in die hemel en op die aarde wees – ja, daar is inderdaad baie wat “God” en “Here” genoem word – vir ons is daar net een God, naamlik ons Vader uit wie alles afkomstig is en ons lewe is op Hom gerig. En daar is net één Here, naamlik Jesus Christus deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe.