1 KORINTIËRS 6:15
1 KORINTIËRS 6:15 Die Boodskap (DB)
Besef julle nie dat julle liggaam vir Jesus soos sy eie is nie? Sal ek dan die liggaam wat vir Jesus soos sy eie is, vat en by allerhande slegte vroue daarmee gaan slaap? Nooit aste nimmer nie.
1 KORINTIËRS 6:15 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet weet ons liggame behoort aan Christus. Daarom mag julle liggame nie ook aan 'n prostituut behoort nie.
1 KORINTIËRS 6:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van 'n hoer maak? Nee, stellig nie!
1 KORINTIËRS 6:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Weet julle nie dat julle liggaam deel is van Christus nie? Sal ek nou 'n deel van Christus neem en dit 'n deel van 'n ontugtige vrou maak? Beslis nie!
1 KORINTIËRS 6:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Weet julle nie dat julle liggame ledemate van •Christus is nie? Sal ek dan die ledemate van Christus neem en deel maak van 'n prostituut? Beslis nie!
1 KORINTIËRS 6:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? sal ek dan die lede van Christus neem en hulle lede van 'n hoer maak? Die Here behoed.