1 KORINTIËRS 5:7-8
1 KORINTIËRS 5:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde nie, maar met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid.
1 KORINTIËRS 5:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Verwyder hierdie slegte invloed onder julle uit sodat julle weer nuut en skoon kan wees, want dit is tog wat julle in wese is. Ook vir ons is daar immers ’n Paaslam geslag – Christus. Kom ons vier dan fees, nie met die ou brood van sonde en onsedelikheid nie, maar met die nuwe brood van reinheid en waarheid.
1 KORINTIËRS 5:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Daarom moet julle die man wat hierdie sonde doen, wegvat uit die gemeente, soos die Israeliete die ou suurdeeg weggevat het uit hulle huise wanneer hulle die Paasfees gevier het. Dan sal julle wees soos brood wat gebak is met vars deeg. En julle is al klaar soos brood wat so gebak is, brood sonder suurdeeg. Dit is omdat ons paaslam klaar gesterf het om ons sonde weg te neem. Ons paaslam is Christus. Daarom moet ons hele lewe soos die Paasfees wees. Maar ons moenie lewe soos mense wat die Paasfees vier met ou suurdeeg nie. Want as ons dit doen, dan doen ons slegte en verkeerde dinge. Ons moet lewe soos mense wat die Paasfees vier met ongesuurde brood. Dan sal ons eerlik en reg voor die Here lewe.
1 KORINTIËRS 5:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees — soos julle inderdaad ongesuurd is — want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.
1 KORINTIËRS 5:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde nie, maar met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid.
1 KORINTIËRS 5:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Verwyder die ou suurdeeg, sodat julle nuwe deeg kan wees, soos julle inderdaad ongesuurde brood is. Want ook ons Pasgalam, •Christus, is geslag. Laat ons daarom feesvier, nie met ou suurdeeg, die suurdeeg van kwaad en boosheid nie, maar met die ongesuurde brood van opregtheid en waarheid.
1 KORINTIËRS 5:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees soos julle ongesuurd is. Want ook Christus, ons pasga is vir ons geslag: Laat ons daarom die fees vier, nie met ou suurdeeg of met die suurdeeg van boosheid en boosheid nie; maar met die ongesuurde brode van opregtheid en waarheid.
1 KORINTIËRS 5:7-8 Die Boodskap (DB)
Raak asseblief ontslae van al die verkeerde dinge wat in die gemeente soos suurdeeg werk. Snuffel elke sonde uit en gooi dit uit die gemeente uit soos die mense van ouds alle suurdeeg uit die huis uitgegooi het voor die paasfees. Die brood vir die paasfees moes sonder suurdeeg gebak gewees het. Wees daarom as gemeente soos vars brood wat sonder die suurdeeg van sonde gebak is. Dit is mos hoe julle eintlik is. Soos daar altyd ’n lammetjie geslag is om paasfees mee te hou, so is Jesus vir ons sonde doodgemaak. Alles is reg vir die fees in die gemeente, die brood en die Lam. Laat ons dan die fees hou. Maar om dit te hou moet daar niks van al die lelike dinge waarvan God nie hou nie, soos ou suurdeeg in ons oorbly nie. Al wat vir die gemeente moet oorbly, is om skoon te leef en te doen wat reg is.