1 KORINTIËRS 5:6-8
1 KORINTIËRS 5:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Julle dink julle is beter as ander mense, en dit is nie mooi nie. Julle weet goed dat 'n bietjie suurdeeg al die deeg suur maak. Daarom moet julle die man wat hierdie sonde doen, wegvat uit die gemeente, soos die Israeliete die ou suurdeeg weggevat het uit hulle huise wanneer hulle die Paasfees gevier het. Dan sal julle wees soos brood wat gebak is met vars deeg. En julle is al klaar soos brood wat so gebak is, brood sonder suurdeeg. Dit is omdat ons paaslam klaar gesterf het om ons sonde weg te neem. Ons paaslam is Christus. Daarom moet ons hele lewe soos die Paasfees wees. Maar ons moenie lewe soos mense wat die Paasfees vier met ou suurdeeg nie. Want as ons dit doen, dan doen ons slegte en verkeerde dinge. Ons moet lewe soos mense wat die Paasfees vier met ongesuurde brood. Dan sal ons eerlik en reg voor die Here lewe.
1 KORINTIËRS 5:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees — soos julle inderdaad ongesuurd is — want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.
1 KORINTIËRS 5:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle selfverheffing is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie? Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde nie, maar met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid.
1 KORINTIËRS 5:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle grootpratery is nie mooi nie. Weet julle dan nie dat 'n klein bietjie suurdeeg die hele mengsel deursuur nie? Verwyder die ou suurdeeg, sodat julle nuwe deeg kan wees, soos julle inderdaad ongesuurde brood is. Want ook ons Pasgalam, •Christus, is geslag. Laat ons daarom feesvier, nie met ou suurdeeg, die suurdeeg van kwaad en boosheid nie, maar met die ongesuurde brood van opregtheid en waarheid.
1 KORINTIËRS 5:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jou roem is nie goed nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg deursuur nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees soos julle ongesuurd is. Want ook Christus, ons pasga is vir ons geslag: Laat ons daarom die fees vier, nie met ou suurdeeg of met die suurdeeg van boosheid en boosheid nie; maar met die ongesuurde brode van opregtheid en waarheid.
1 KORINTIËRS 5:6-8 Die Boodskap (DB)
Ek haat dit as julle so grootpraat oor julle Christenskap. Laat ek vir julle met ’n voorbeeld verduidelik wat ek bedoel. Julle weet mos hoe suurdeeg werk. ’n Mens sit ’n klein stukkie suurdeeg in ’n groot bak deeg en dan trek daardie bietjie suurdeeg deur al die deeg en laat dit mooi rys. So is dit met sonde. ’n Klein bietjie sonde in die gemeente krap die hele gemeente deurmekaar. Raak asseblief ontslae van al die verkeerde dinge wat in die gemeente soos suurdeeg werk. Snuffel elke sonde uit en gooi dit uit die gemeente uit soos die mense van ouds alle suurdeeg uit die huis uitgegooi het voor die paasfees. Die brood vir die paasfees moes sonder suurdeeg gebak gewees het. Wees daarom as gemeente soos vars brood wat sonder die suurdeeg van sonde gebak is. Dit is mos hoe julle eintlik is. Soos daar altyd ’n lammetjie geslag is om paasfees mee te hou, so is Jesus vir ons sonde doodgemaak. Alles is reg vir die fees in die gemeente, die brood en die Lam. Laat ons dan die fees hou. Maar om dit te hou moet daar niks van al die lelike dinge waarvan God nie hou nie, soos ou suurdeeg in ons oorbly nie. Al wat vir die gemeente moet oorbly, is om skoon te leef en te doen wat reg is.
1 KORINTIËRS 5:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dis erg dat julle nog oor julle spiritualiteit kan spog terwyl julle iets soos hierdie in julle midde toelaat. Besef julle nie dat as selfs net een persoon toegelaat word om so voort te gaan, almal binnekort aangetas sal wees nie, soos suurdeeg die hele deeg suur maak? Verwyder hierdie slegte invloed onder julle uit sodat julle weer nuut en skoon kan wees, want dit is tog wat julle in wese is. Ook vir ons is daar immers ’n Paaslam geslag – Christus. Kom ons vier dan fees, nie met die ou brood van sonde en onsedelikheid nie, maar met die nuwe brood van reinheid en waarheid.