1 KORINTIËRS 3:7-8
1 KORINTIËRS 3:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Die persoon wat plant en die persoon wat natgooi, is nie belangrik nie. Die Persoon wat laat groei, is belangrik, en dit is God. Die persoon wat plant, doen nie belangriker werk as die persoon wat natgooi nie. God sal elkeen beloon vir die werk wat hy gedoen het.
1 KORINTIËRS 3:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.
1 KORINTIËRS 3:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei. Die een wat plant en die een wat natgooi, staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk.
1 KORINTIËRS 3:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom is nóg hy wat plant, nóg hy wat natgooi iets, maar slegs God wat laat groei. Dit is een wat plant, en dit is een wat natgooi, en elkeen sal sy loon volgens sy eie arbeid ontvang.
1 KORINTIËRS 3:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So is dit dan ook nie hy wat iets plant nie, en ook nie hy wat natmaak nie; maar God wat die verhoging gee. Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een; en elkeen sal sy eie loon ontvang volgens sy eie arbeid.
1 KORINTIËRS 3:7-8 Die Boodskap (DB)
Wie dink julle is nou eintlik die belangrikste van hierdie drie? Natuurlik God wat daardie saad lewe gee en dit laat groei. Die een wat die saad plant en die een wat dit nat hou, werk saam soos in een span. Daar is nie ’n verskil in die belangrikheid van wat hulle doen nie. Buitendien is God - en nie ons nie - die Een wat sal sorg dat elkeen van hulle die dank sal kry wat hulle verdien.
1 KORINTIËRS 3:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wie plant en wie natgooi, is nie belangrik nie. Die belangrike Een is God, want dit is Hý wat laat groei. Die een wat plant en die een wat natgooi, werk saam en het een gesamentlike doel, alhoewel elkeen sy eie beloning sal ontvang in ooreenstemming met sy eie harde werk.