1 KORINTIËRS 3:2-6
1 KORINTIËRS 3:2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle kon dit nog nie verteer nie. En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie, want julle is nog wêreldse mense. Daar kom jaloesie en twis onder julle voor. Is dit nie omdat julle nog wêrelds is en julle wêrelds gedra nie? As een van julle sê: “Ek is vir Paulus,” en 'n ander: “Ek is vir Apollos,” is julle dan nie nog wêrelds nie? Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het.
1 KORINTIËRS 3:2-6 Bybel vir almal (ABA)
Ek het vir julle melk gegee soos vir klein kindertjies. Ek het nie vir julle grootmenskos gegee nie, want julle kon dit nie eet nie. Julle kan dit ook nou nog nie eet nie. Julle is nog wêreldse mense, want julle is jaloers op mekaar en julle twis met mekaar. Dit wys dat julle wêreldse mense is, julle doen wat die mense van die wêreld doen. Party van julle sê: “Ek behoort aan Paulus,” ander sê: “Ek behoort aan Apollos.” Wanneer julle so sê, dan doen julle wat die mense van die wêreld doen. Apollos en ek, Paulus, is nie belangrik nie. Ons is net mense wat vir julle gehelp het om te begin glo. Die Here het vir my en Apollos elkeen 'n werk gegee. Ek het die saad van die boodskap van God geplant en Apollos het dit natgegooi, maar dit is God wat dit laat groei het.
1 KORINTIËRS 3:2-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie? Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos — is julle nie vleeslik nie? Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.
1 KORINTIËRS 3:2-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het julle melk gegee om te drink, nie vaste kos nie, omdat julle nog nie daartoe in staat was nie. Selfs nou is julle nog nie daartoe in staat nie, want julle is steeds wêrelds. Waar daar onder julle afguns en onenigheid is, is julle dan nie wêrelds, en gedra julle julle dan nie soos wêreldse mense nie? Elke keer as een van julle sê, “Ek is van Paulus,” en 'n ander, “Ek van Apollos,” is julle nie wêreldse mense nie? Wat is Apollos nou eintlik? En wat is Paulus? Hulle is dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, soos die Here dit vir elkeen van hulle gegee het. Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God het laat groei.
1 KORINTIËRS 3:2-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het julle met melk gevoed en nie met vleis nie, want tot dusver kon julle dit nie verdra nie, en ook nou nie. Want julle is nog vleeslik, want terwyl daar onder julle afguns en twis en verdeeldheid is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie soos mense nie? Want terwyl iemand sê: Ek is van Paulus; en nog een: Ek is van Apollos; is julle nie vleeslik nie? Wie is Paulus dan, en wie is Apollos, behalwe dienaars deur wie julle geglo het, soos die Here aan elkeen gegee het? Ek het geplant, Apollos het natgemaak; maar God het die verhoging gegee.
1 KORINTIËRS 3:2-6 Die Boodskap (DB)
Soos ’n pap babatjie net melk kan inkry, het julle net kans gesien vir die heel eenvoudigste geestelike boodskappe. Enigiets meer ingewikkeld was vir julle te veel. En nog steeds gaan dit so met julle, want julle stel net belang in julleself en julle menslike behoeftes. Kyk net na julle. Julle baklei soos kat en hond en gun mekaar niks nie. Bewys dit nie juis dat julle net aan julleself dink nie? Tree julle nie op soos mense wat eerder hulle eie belange as God se belange kies nie? Is dit nie presies wat julle prakties bewys as die een sê: “Ek dink Paulus is die beste dominee,” en die ander een weer: “Nee, ek dink Apollos is beter” nie? Wie is Apollos nou miskien dat hy so besonders is? Of Paulus, dat die gemeente so oor hulle moet stry? Hulle is maar net werkers van God wat julle gehelp het om Jesus te leer ken. Die Here het vir elkeen sy spesiale werk gegee. Dit is maar al wat hulle doen. Ek het die saad van die evangelie in julle hart geplant en Apollos het dit nat gehou, maar dit was God wat gesorg het dat daardie saad groei.
1 KORINTIËRS 3:2-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek moes julle met melk voed, nie met vaste kos nie, want julle sou nie iets sterkers kon verteer nie. Trouens, julle is ook nou nog nie gereed daarvoor nie, want julle word nog steeds deur wêreldse neigings beheer. Julle is jaloers op mekaar en maak rusie. Is dit nie ’n bewys dat julle nog deur wêreldse neigings oorheers word nie? Julle tree op soos mense wat nie aan die Here behoort nie. As die een sê: “Ek volg Paulus,” en die ander een sê: “Ek verkies Apollos,” tree julle dan nie op soos mense wat nie aan die Here behoort nie? Wie is Apollos of Paulus nou eintlik dat julle so oor ons verdeel is? Ons is tog net diensknegte deur wie julle tot die geloof gekom het. Elkeen van ons het maar net die werk gedoen wat die Here aan ons toevertrou het. My werk was om die saad te plant. Apollos moes dit natgooi. Maar God het laat groei.