1 KORINTIËRS 3:15
1 KORINTIËRS 3:15 Die Boodskap (DB)
Maar die mense wat sleg gebou het, sal op die dag wanneer die Here weer kom om hulle werk te inspekteer, baie spyt wees. Die Here sal hulle wel nie wegjaag nie, maar dit sal vir hulle net so goed wees asof hulle niks vir die Here gedoen het nie. Hulle sal met ’n bloedrooi gesig skaam agter in die ry moet gaan staan.
1 KORINTIËRS 3:15 Bybel vir almal (ABA)
Maar as iemand se werk verbrand, dan sal daardie persoon alles verloor. Maar die Here sal die persoon self red, Hy sal die persoon uit die vuur red.
1 KORINTIËRS 3:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
1 KORINTIËRS 3:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
as iemand se werk verbrand, sal hy nie beloon word nie, en tog sal hy self gered word, maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.
1 KORINTIËRS 3:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly – hoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.