1 KORINTIËRS 15:54-56
1 KORINTIËRS 15:54-56 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer God dit alles gedoen het, wanneer Hy vir ons 'n liggaam gegee het wat nie stof kan word en wat nie kan sterf nie, dan sal die woorde waar word wat in die Ou Testament geskryf is: God het die dood heeltemal oorwin. Dood, dink jy dat jy altyd sal oorwin? Nee, jy sal nie. Dood, dink jy dat jy sal aanhou om mense te laat sterf soos wanneer bye mense doodsteek met hulle angels? Nee. Die dood kry sy angel van die sonde. En die sonde kry sy krag van die wette.
1 KORINTIËRS 15:54-56 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.
1 KORINTIËRS 15:54-56 Afrikaans 1983 (AFR83)
En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God.
1 KORINTIËRS 15:54-56 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee word, sal die woord wat geskryf staan, vervul word: “Die dood is verslind in oorwinning.” “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde lê in die wet.
1 KORINTIËRS 15:54-56 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wanneer dan hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is, en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee het, dan sal die woord wat geskrywe is, vervul word: Die dood is verslind in die oorwinning. O dood, waar is jou angel? O graf, waar is u oorwinning? Die angel van die dood is sonde; en die krag van die sonde is die wet.
1 KORINTIËRS 15:54-56 Die Boodskap (DB)
Wanneer dit alles gebeur, sal dit presies wees soos die Skrif gesê het dit gaan wees: “Die dood het nie meer enige krag of invloed nie. God het al die krag as oorwinnaar. “Daar is net mooi niks oor van die dood se mag nie. Sal die dood ons nog kan seermaak? Nee, vir seker nie.” Sonde is die oorsaak dat ons doodgaan. En ons kan nie stry dat ons in sonde vasgevang is nie omdat die wet van God so duidelik daar is en dit vir ons wys.
1 KORINTIËRS 15:54-56 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer dit gebeur – wanneer ons verganklike aardse liggame in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie – dan uiteindelik sal die Skrifwoord waar word: “Die dood is totaal uitgewis, want dit is heeltemal oorwin.” “O dood, waar is jou oorwinning? Dood, wat het van jou angel geword?” Want sonde is die angel wat die dood veroorsaak. En dit is die wet wat aan die sonde sy slaankrag gee.