1 KORINTIËRS 15:42-44
1 KORINTIËRS 15:42-44 Bybel vir almal (ABA)
So sal dit ook wees wanneer God die mense wat dood is, weer laat lewe. Die mense begrawe 'n liggaam soos hulle 'n koringkorrel in die grond plant, en die liggaam word stof, maar God laat 'n liggaam lewe wat nie stof kan word nie. Die mense begrawe 'n liggaam wat lelik is, maar God laat 'n liggaam lewe wat mooi is. Die mense begrawe 'n liggaam wat swak is, maar God laat 'n liggaam lewe wat sterk is. Die mense begrawe 'n liggaam wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, maar God laat 'n liggaam lewe wat alles kan doen wat God wil hê. As daar 'n liggaam is wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, dan moet daar ook 'n liggaam wees wat alles kan doen wat God wil hê.
1 KORINTIËRS 15:42-44 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid; daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag. 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.
1 KORINTIËRS 15:42-44 Afrikaans 1983 (AFR83)
So is dit ook met die opstanding van die dooies: wat gesaai word, is verganklik en word in onverganklikheid opgewek; wat gesaai word, is gering en word in heerlikheid opgewek; wat gesaai word, is swak en word in krag opgewek. 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Aangesien daar 'n natuurlike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam.
1 KORINTIËRS 15:42-44 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sal dit ook wees met die opstanding van die dooies: Wat gesaai word in verganklikheid, word opgewek in onsterflikheid; wat gesaai word in oneer, word opgewek in heerlikheid; wat gesaai word in swakheid, word opgewek in krag. Wat gesaai word, is 'n natuurlike menslike liggaam; wat opgewek word, is 'n geestelike liggaam. As daar 'n natuurlike menslike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam.
1 KORINTIËRS 15:42-44 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So is ook die opstanding van die dooies. Daar word in korrupsie gesaai; dit word opgewek in onverganklikheid: Daar word in oneer gesaai; dit word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid; dit word in krag opgewek: Daar word 'n natuurlike liggaam gesaai; dit word 'n geestelike liggaam opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.
1 KORINTIËRS 15:42-44 Die Boodskap (DB)
Die liggaam wat doodgaan, vergaan heeltemal, maar die liggaam waarmee ons weer lewendig sal word, sal nooit vergaan nie. Die liggaam wat begrawe word, is vol gebreke, maar oor ons nuwe liggaam sal ons maar net kan oorloop van trots. Die oue is swak, maar die nuwe is vol krag. Ons sterf as gewone aardse mense, maar ons gaan lewendig word in ’n nuwe geestelike liggaam. Soos daar ’n gewone aardse liggaam is, so is daar ook ’n geestelike liggaam.
1 KORINTIËRS 15:42-44 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dieselfde is die geval met die opstanding van die dooies. Ons aardse liggame, wat gewoonweg sal sterf en vergaan, sal anders wees wanneer hulle opgewek word, want hulle sal nooit weer sterf nie. Daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid. Daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag. ’n Fisiese liggaam word gesaai, ’n geestelike liggaam word opgewek. Ja, net soos daar fisiese liggame is, so is daar ook geestelike liggame.