1 KORINTIËRS 15:17-19
1 KORINTIËRS 15:17-19 Bybel vir almal (ABA)
En as God nie vir Christus weer laat lewe het nie, dan beteken julle geloof niks, dan is julle nog nie vry van julle sondes nie. Dan het die mense wat aan Christus behoort het en gesterf het, verlore gegaan. As ons hoop dat Christus ons red net vir hierdie lewe op die aarde, dan moet al die mense baie jammer wees vir ons.
1 KORINTIËRS 15:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore. As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
1 KORINTIËRS 15:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.
1 KORINTIËRS 15:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof vergeefs, en is julle steeds in julle sondes. Dan is ook diegene wat in Christus ontslaap het, verlore. Indien ons hoop slegs vir hierdie lewe op Christus gevestig is, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.
1 KORINTIËRS 15:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof tevergeefs; julle is nog in julle sondes. Dan het ook die wat in Christus ontslaap het, omgekom. As ons net in hierdie lewe hoop op Christus het, is ons die ellendigste van alle mense.
1 KORINTIËRS 15:17-19 Die Boodskap (DB)
En as God Hom nie lewendig gemaak het nie, is julle nog maar net soos julle altyd was, van kop tot tone in die sonde. Dan help dit niks meer dat julle sê julle glo nie. Dan is nie net ons nie, maar ook al die ander Christene wat al dood is, sonder enige hoop totaal verlore. As Christenskap net iets beteken terwyl ons nog op hierdie aarde is en daar vir ons niks meer oor is daarna nie, is ons ’n hopelose spul mense vir wie ander net baie jammer kan voel.
1 KORINTIËRS 15:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof waardeloos en is julle nog vasgevang in julle sondes. In daardie geval is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore! As ons egter op niks meer sou kon hoop as dat Christus ’n verskil sal maak aan ons huidige lewe nie, sou ons definitief die bejammerenswaardigste mense onder die son wees!