1 KORINTIËRS 12:8-11
1 KORINTIËRS 12:8-11 Bybel vir almal (ABA)
Die Gees gee vir die een persoon die genadegawe om altyd te weet wat die regte ding is om te sê. Dieselfde Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om mooi te kan verduidelik wat God wil hê. Dieselfde Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om sterk in God te glo. Dieselfde Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om mense gesond te maak. Die Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om wonderwerke te doen. Hy gee vir 'n ander persoon die genadegawe om die boodskap van God te bring. Hy gee vir 'n ander persoon die genadegawe om te sê of 'n boodskap van God kom of van bose geeste. Hy gee vir 'n ander persoon die genadegawe om in tale te praat. Die Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om te tolk wanneer iemand in tale praat. Dit is dieselfde Gees wat hierdie verskillende genadegawes vir mense gee. Hy gee vir elke gelowige sy eie genadegawe. En Hy besluit self watter genadegawe Hy vir elkeen wil gee.
1 KORINTIËRS 12:8-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
1 KORINTIËRS 12:8-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om 'n woord van wysheid te praat, aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees. Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan 'n ander die gawe om te profeteer, en aan nog 'n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan 'n ander om dit uit te lê. Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil.
1 KORINTIËRS 12:8-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aan een word 'n woord van wysheid deur die Gees gegee, aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan een geloof deur dieselfde Gees, aan 'n ander gawes van genesing deur die één Gees; aan een dinamiese kragte, aan 'n ander weer die gawe van profesie; aan een die onderskeiding van geeste, aan 'n ander verskillende soorte tale, en aan nog 'n ander die uitleg van tale. Een en dieselfde Gees bewerkstellig al hierdie dinge, wat Hy aan elkeen afsonderlik uitdeel volgens sy wil.
1 KORINTIËRS 12:8-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want aan een word deur die Gees die woord van wysheid gegee; aan 'n ander die woord van kennis deur dieselfde Gees; Aan 'n ander geloof deur dieselfde Gees; aan 'n ander die gawes van genesing deur dieselfde Gees; Vir 'n ander die werking van wonders; na 'n ander profesie; na 'n ander onderskeiding van geeste; aan 'n ander verskillende soorte tale; vir 'n ander die uitleg van tale: Maar al hierdie dinge werk die een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos hy wil.
1 KORINTIËRS 12:8-11 Die Boodskap (DB)
Party mense kan vir ’n mens goeie raad gee oor hoe om te leef. Ander kan weer goeie onderwysers vir die Here wees. Dan is daar mense wat in moeilike omstandighede, as ander begin twyfel, steeds eenvoudig blindelings op die Here kan vertrou. Daar is ook sommige deur wie die Gees mense gesond kan maak. Dan is daar nog mense wat dinge kan doen wat gewone mense glad nie kan doen nie. Die Gees sorg ook vir mense wat die boodskap van God duidelik en goed kan verkondig. Dan is daar ook mense wat weet wanneer die Gees van God deur iemand werk en praat en wanneer dit ’n valse gees is. Vir sommige gee die Gees die vermoë om ’n “spesiale taal” te praat terwyl ander die vermoë kry om te verduidelik wat daar met die “spesiale taal” gesê word. Al hierdie dinge kom van een en dieselfde Gees. Hy besluit aan wie Hy wat wil gee en gee dit dan aan daardie persoon.
1 KORINTIËRS 12:8-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Aan die een gee die Gees die bekwaamheid om goddelike wysheid te verkondig, aan ’n ander gee Hy die gawe van spesiale kennis. Aan iemand anders gee hierdie selfde Gees ’n heel besondere geloof, aan nog een gee Hy gawes van genesing, aan ’n volgende een die vermoë om wonders te verrig, aan ’n ander die gawe van profesie, aan nog een die vermoë om te onderskei tussen geeste, aan iemand anders die gawe van praat in tale, aan nog een die bekwaamheid om die tale uit te lê. Dit is een en dieselfde Gees wat al hierdie gawes bewerk en wat aan elkeen uitdeel soos Hy dit goedvind.