1 KORINTIËRS 12:7-9
1 KORINTIËRS 12:7-9 Bybel vir almal (ABA)
Die Gees wys vir elkeen wat hy moet doen, want die Gees weet wat is goed vir die gemeente. Die Gees gee vir die een persoon die genadegawe om altyd te weet wat die regte ding is om te sê. Dieselfde Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om mooi te kan verduidelik wat God wil hê. Dieselfde Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om sterk in God te glo. Dieselfde Gees gee vir 'n ander persoon die genadegawe om mense gesond te maak.
1 KORINTIËRS 12:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees
1 KORINTIËRS 12:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om 'n woord van wysheid te praat, aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees.
1 KORINTIËRS 12:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aan elkeen egter word die openbaring van die Gees gegee, met die oog op wat bevorderlik is: Aan een word 'n woord van wysheid deur die Gees gegee, aan 'n ander 'n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan een geloof deur dieselfde Gees, aan 'n ander gawes van genesing deur die één Gees
1 KORINTIËRS 12:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die openbaring van die Gees word aan elke mens gegee om daarby baat te vind. Want aan een word deur die Gees die woord van wysheid gegee; aan 'n ander die woord van kennis deur dieselfde Gees; Aan 'n ander geloof deur dieselfde Gees; aan 'n ander die gawes van genesing deur dieselfde Gees
1 KORINTIËRS 12:7-9 Die Boodskap (DB)
Die Gees werk in elkeen van ons op ’n unieke manier. Die doel daarvan is egter dat ons vir ander mense iets moet beteken. Daar is baie verskillende maniere waarop die Gees in ons kan werk, byvoorbeeld: Party mense kan vir ’n mens goeie raad gee oor hoe om te leef. Ander kan weer goeie onderwysers vir die Here wees. Dan is daar mense wat in moeilike omstandighede, as ander begin twyfel, steeds eenvoudig blindelings op die Here kan vertrou. Daar is ook sommige deur wie die Gees mense gesond kan maak.
1 KORINTIËRS 12:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel. Aan die een gee die Gees die bekwaamheid om goddelike wysheid te verkondig, aan ’n ander gee Hy die gawe van spesiale kennis. Aan iemand anders gee hierdie selfde Gees ’n heel besondere geloof, aan nog een gee Hy gawes van genesing