1 KORINTIËRS 12:4-7
1 KORINTIËRS 12:4-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar is ’n hele verskeidenheid geestelike gawes, en tog kom hulle van dieselfde Gees. En daar is ’n hele verskeidenheid bedienings, maar ons dien dieselfde Here. Daar is talle aktiwiteite in die gemeente, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge kragtig in ons almal aktiveer. Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel.
1 KORINTIËRS 12:4-7 Bybel vir almal (ABA)
Daar is verskillende genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee. En daar is verskillende maniere om die Here te dien in die gemeente, maar dit is dieselfde Here wat sê hoe ons dit moet doen. En daar is verskillende wonderwerke, maar dit is dieselfde God wat mense help om al hierdie dinge te kan doen. Die Gees wys vir elkeen wat hy moet doen, want die Gees weet wat is goed vir die gemeente.
1 KORINTIËRS 12:4-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
1 KORINTIËRS 12:4-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is 'n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is 'n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.
1 KORINTIËRS 12:4-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is 'n verskeidenheid genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is 'n verskeidenheid dienste, maar dit is dieselfde Here; en daar is 'n verskeidenheid aktiwiteite, maar dit is dieselfde God wat al hierdie dinge in almal bewerk. Aan elkeen egter word die openbaring van die Gees gegee, met die oog op wat bevorderlik is
1 KORINTIËRS 12:4-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou is daar 'n verskeidenheid van gawes, maar dieselfde Gees. En daar is verskille van bestuur, maar dieselfde Here. En daar is 'n verskeidenheid van werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal werk. Maar die openbaring van die Gees word aan elke mens gegee om daarby baat te vind.
1 KORINTIËRS 12:4-7 Die Boodskap (DB)
Daar is natuurlik baie verskillende gawes wat ons as Christene kan kry, maar dit beteken nie dat daar ’n gees vir elke gawe is nie. Al hierdie gawes kom van een en dieselfde Gees. Daar is ook baie dinge wat aan Christene gegee word om spesiaal te doen, maar dieselfde Here staan agter al hierdie verskillende dinge. Daar gebeur ook baie spesiale dinge met ons as Christene. Dit is dieselfde God wat al hierdie dinge in ons doen. Die Gees werk in elkeen van ons op ’n unieke manier. Die doel daarvan is egter dat ons vir ander mense iets moet beteken. Daar is baie verskillende maniere waarop die Gees in ons kan werk, byvoorbeeld