1 KORINTIËRS 12:27-31
1 KORINTIËRS 12:27-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik. En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.
1 KORINTIËRS 12:27-31 Die Boodskap (DB)
Kom ons kyk wat ons hieruit oor julle as gemeente kan leer. Julle as Christene is saam die liggaam van Christus. Elkeen van julle is ’n lid van hierdie liggaam. Een lid van die gemeente is iemand vir wie die Here spesiaal gestuur het om sy boodskap te preek; ’n ander een moet in die gemeente self vertel wat die Here van die gemeente wil hê; dan is daar gemeentelede wat die ander moet touwys maak oor alles wat die Here ons geleer het; dan is daar mense wat spesiale kragtige dinge doen en ander vir wie die Here die krag gee om mense gesond te maak. Die Here het ook gesorg dat daar mense in die gemeente is wat ander kan help as hulle hulp nodig het. Party het weer die vermoë om te sorg dat die gemeentebedrywighede vlot verloop. Dan is daar ook mense in die gemeente wat “spesiale tale” praat. In die gemeente kan almal mos nie presies dieselfde ding doen nie. Almal kan mos nie preek of die ander gemeentelede leer nie. Wie is dan oor om te luister? Die hele gemeente kan mos nie net uit ’n klomp mense bestaan wat net kragtige dinge kan doen en mense gesond kan maak nie. Net so kan almal nie in “spesiale tale” praat of verduidelik wat met die “tale” gesê word nie. Wie gaan dan al die ander dinge doen wat in en deur die gemeente gedoen moet word? Daarom het verskillende lede van die gemeente verskillende dinge van die Here ontvang om te doen. Doen moeite met die gawes wat vir jou situasie die beste is. Maar nou wil ek vir julle van iets vertel wat vir elkeen van julle altyd die beste is.
1 KORINTIËRS 12:27-31 Bybel vir almal (ABA)
Julle is almal saam die liggaam van Christus, en julle is ook elkeen 'n deel van hierdie liggaam. God gee vir elkeen sy plek in die gemeente. Eerste is daar die apostels, tweede is daar die profete, derde is daar die mense wat vir ander mense leer, dan die mense wat wonderwerke doen, dan die mense wat die genadegawes het om mense gesond te maak, die mense wat vir ander mense help, die mense wat leiers in die gemeente kan wees, en die mense wat in tale praat. Almal is nie apostels nie. Almal is nie profete nie. Almal kan nie vir ander mense leer nie. Almal kan nie wonderwerke doen nie. Almal het nie die genadegawe om ander mense gesond te maak nie. Almal praat nie in tale nie. Almal kan nie tolk wat die mense sê wat in tale praat nie. Maar julle moet bid en hard werk om daardie genadegawes te kry wat vir die gemeente die meeste kan help. En dan wys ek vir julle wat die beste ding is om te doen, die beste pad.
1 KORINTIËRS 12:27-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik. En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.
1 KORINTIËRS 12:27-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan. En in die kerk is daar mense aan wie God 'n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar dié wat wonderdade kan doen, dan dié wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale of klanke te gebruik. Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê? Lê julle toe op die beste genadegawes.
1 KORINTIËRS 12:27-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle is die liggaam van •Christus, en elkeen individueel 'n ledemaat. In die •gemeente het God aangewys: eerstens •apostels, tweedens •profete, derdens leraars; daarna kragtige vermoëns, sowel as gawes van genesing, vermoëns om te kan help, om te lei, en verskillende soorte tale. Is almal dan apostels? Is almal dan profete, of almal leraars? Het almal miskien kragtige vermoëns? Het almal miskien gawes van genesing? Spreek almal dalk in tale? Kan almal dit dalk uitlê? Julle lê julle toe op die belangriker genadegawes, maar ek wys julle die heel beste weg.
1 KORINTIËRS 12:27-31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou is julle die liggaam van Christus, en lede in die besonder. En God het sommige in die gemeente aangestel, eerstens apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna wonders, daarna genadegawes van genesing, helpers, regerings, verskillende tale. Is almal apostels? is almal profete? is almal onderwysers? is almal werkers van wonderwerke? Het jy al die gawes van genesing? praat almal in tale? interpreteer almal? Maar begeer ernstig die beste gawes, en tog wys Ek julle 'n voortrefliker weg.
1 KORINTIËRS 12:27-31 Die Boodskap (DB)
Kom ons kyk wat ons hieruit oor julle as gemeente kan leer. Julle as Christene is saam die liggaam van Christus. Elkeen van julle is ’n lid van hierdie liggaam. Een lid van die gemeente is iemand vir wie die Here spesiaal gestuur het om sy boodskap te preek; ’n ander een moet in die gemeente self vertel wat die Here van die gemeente wil hê; dan is daar gemeentelede wat die ander moet touwys maak oor alles wat die Here ons geleer het; dan is daar mense wat spesiale kragtige dinge doen en ander vir wie die Here die krag gee om mense gesond te maak. Die Here het ook gesorg dat daar mense in die gemeente is wat ander kan help as hulle hulp nodig het. Party het weer die vermoë om te sorg dat die gemeentebedrywighede vlot verloop. Dan is daar ook mense in die gemeente wat “spesiale tale” praat. In die gemeente kan almal mos nie presies dieselfde ding doen nie. Almal kan mos nie preek of die ander gemeentelede leer nie. Wie is dan oor om te luister? Die hele gemeente kan mos nie net uit ’n klomp mense bestaan wat net kragtige dinge kan doen en mense gesond kan maak nie. Net so kan almal nie in “spesiale tale” praat of verduidelik wat met die “tale” gesê word nie. Wie gaan dan al die ander dinge doen wat in en deur die gemeente gedoen moet word? Daarom het verskillende lede van die gemeente verskillende dinge van die Here ontvang om te doen. Doen moeite met die gawes wat vir jou situasie die beste is. Maar nou wil ek vir julle van iets vertel wat vir elkeen van julle altyd die beste is.
1 KORINTIËRS 12:27-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle is Christus se liggaam en elkeen van julle is ’n noodsaaklike liggaamsdeel. Hier volg nou ’n lys van sommige van die “liggaamsdele” wat God aan sy gemeente gegee het: eerstens die apostels, tweedens die profete, derdens dié wat onderrig gee, dan dié wat wonders doen, dié met gawes van genesing, dié wat ander ondersteun, dié wat leiding gee, dié wat in tale praat. Ons is mos nie almal apostels nie. Ons is nie almal profete nie. Ons het nie almal die gawe om onderrig te gee nie. Ons het nie almal die vermoë om wonders te verrig nie. Ons het nie almal gawes van genesing nie. Ons kan nie almal in tale praat nie. Ons kan nie almal tale uitlê nie. In alle geval – konsentreer op die nuttigste gawes. Maar laat ek julle nou eers vertel waar die eintlike geheim lê.