1 KORINTIËRS 11:5-6
1 KORINTIËRS 11:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Maar 'n vrou wat bid of wat God se boodskap bring, moet 'n sluier oor haar kop dra. As sy nie 'n sluier dra nie, dan eer sy nie haar hoof, haar man, nie, want dan is sy dieselfde soos 'n vrou wat haar kop kaal geskeer het. As 'n vrou nie 'n sluier wil dra nie, dan moet sy ook haar hare afsny. Maar julle weet dat dit verkeerd is wanneer 'n vrou haar hare afsny of haar kop kaal skeer. Daarom moet sy 'n sluier dra wanneer sy bid of God se boodskap bring.
1 KORINTIËRS 11:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is. Want as 'n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir 'n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.
1 KORINTIËRS 11:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar elke vrou wat bid of profeteer sonder iets op haar kop, doen haar hoof, haar man, oneer aan, want dan is sy net soos 'n vrou wie se hare afgeskeer is. As 'n vrou nie iets op haar kop wil sit nie, kan sy ewe goed haar hare laat afsny. Maar aangesien dit 'n skande is vir 'n vrou om haar hare te laat afsny of afskeer, moet sy iets op haar kop sit.
1 KORINTIËRS 11:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En elke vrou wat met 'n onbedekte kop bid of profeteer, doen haar hoof oneer aan; want dit is presies dieselfde asof haar kop geskeer is. Want as 'n vrou nie haar kop bedek nie, moet sy ook maar haar hare kort afsny. As dit vir haar 'n skande is om haar hare kort te sny of haar kop kaal te skeer, moet sy haar kop bedek.
1 KORINTIËRS 11:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan, want dit is selfs al een asof sy geskeer is. Want as die vrou nie bedek is nie, laat haar ook geskeer word; maar as dit vir 'n vrou skande is om geskeer of geskeer te word, laat haar toegemaak word.
1 KORINTIËRS 11:5-6 Die Boodskap (DB)
Net so steek ’n vrou haar man in die skande as sy sonder respek vir haar man met of oor God praat. Dit is so goed sy mismaak haarself liederlik. Sy kan haar maar mismaak as sy nie, soos ons gebruik is, uit respek vir haar man iets op haar kop het nie. As sy dit nie wil doen nie, moet sy maar al haar hare afsny. Dit is ons gebruik; ’n vrou moet iets op haar kop hê as teken van haar respek vir haar man, maar
1 KORINTIËRS 11:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En elke vrou wat bid of profeteer sonder dat sy haar kop bedek, doen haar man oneer aan, want dis dieselfde as wanneer haar hare afgeskeer sou wees. Ja, as sy weier om ’n kopbedekking te dra, kan sy ewe goed haar hare ook maar afsny. Maar aangesien dit ’n skande vir ’n vrou is as haar hare afgesny of haar kop kaalgeskeer is, behoort sy ’n kopbedekking te dra.