1 KORINTIËRS 11:3-10
1 KORINTIËRS 11:3-10 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil hê julle moet weet dat Christus die Hoof van elke man is. Die man is die hoof van sy vrou, en God is die Hoof van Christus. 'n Man wat bid of wat God se boodskap bring, moenie sy hare toemaak nie, want dan eer hy nie vir Christus, sy Hoof, nie. Maar 'n vrou wat bid of wat God se boodskap bring, moet 'n sluier oor haar kop dra. As sy nie 'n sluier dra nie, dan eer sy nie haar hoof, haar man, nie, want dan is sy dieselfde soos 'n vrou wat haar kop kaal geskeer het. As 'n vrou nie 'n sluier wil dra nie, dan moet sy ook haar hare afsny. Maar julle weet dat dit verkeerd is wanneer 'n vrou haar hare afsny of haar kop kaal skeer. Daarom moet sy 'n sluier dra wanneer sy bid of God se boodskap bring. 'n Man moenie iets op sy kop dra wanneer hy bid of God se boodskap bring nie, want hy is die hoof in God se plek en hy moet God eer. Maar die vrou moet haar man eer. Want God het die man nie uit die vrou gemaak nie, Hy het die vrou uit die man gemaak. En God het die vrou gemaak om die man te help, Hy het nie die man gemaak om die vrou te help nie. Daarom moet die vrou iets op haar kop dra. So wys sy dat haar man haar hoof is. En dan is die engele ook tevrede.
1 KORINTIËRS 11:3-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus. Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan; maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is. Want as 'n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir 'n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek. Want 'n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man. Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man. Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man. Daarom moet die vrou 'n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele.
1 KORINTIËRS 11:3-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en 'n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus. Elke man wat bid of profeteer met iets op sy kop, doen sy hoof, Christus, oneer aan. Maar elke vrou wat bid of profeteer sonder iets op haar kop, doen haar hoof, haar man, oneer aan, want dan is sy net soos 'n vrou wie se hare afgeskeer is. As 'n vrou nie iets op haar kop wil sit nie, kan sy ewe goed haar hare laat afsny. Maar aangesien dit 'n skande is vir 'n vrou om haar hare te laat afsny of afskeer, moet sy iets op haar kop sit. 'n Man behoort nie iets op sy kop te sit nie. Hy is die beeld en sieraad van God, maar die vrou is die sieraad van die man. Die man is nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man. Die man is ook nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man. Daarom behoort die vrou 'n teken van die man se gesag oor haar op haar kop te hê ter wille van die engele.
1 KORINTIËRS 11:3-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar ek wil hê julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus. Elke man wat met 'n bedekking op sy kop bid of profeteer, doen sy hoof oneer aan. En elke vrou wat met 'n onbedekte kop bid of profeteer, doen haar hoof oneer aan; want dit is presies dieselfde asof haar kop geskeer is. Want as 'n vrou nie haar kop bedek nie, moet sy ook maar haar hare kort afsny. As dit vir haar 'n skande is om haar hare kort te sny of haar kop kaal te skeer, moet sy haar kop bedek. 'n Man behoort nie sy kop te bedek nie, omdat hy die beeld en sieraad van God is, terwyl die vrou die sieraad van die man is. Want die man is nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man; en die man is nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man. Daarom moet die vrou, ter wille van die engele, 'n teken van gesag op haar kop hê.
1 KORINTIËRS 11:3-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof van elke mens is; en die hoof van die vrou is die man; en die hoof van Christus is God. Elkeen wat bid of profeteer, met sy hoof bedek, onteer sy hoof. Maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan, want dit is selfs al een asof sy geskeer is. Want as die vrou nie bedek is nie, laat haar ook geskeer word; maar as dit vir 'n vrou skande is om geskeer of geskeer te word, laat haar toegemaak word. Want 'n man behoort wel sy hoof nie te bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man. Want die man is nie van die vrou nie; maar die vrou van die man. Die man is ook nie vir die vrou geskape nie; maar die vrou vir die man. Om hierdie rede behoort die vrou krag op haar hoof te hê ter wille van die engele.
1 KORINTIËRS 11:3-10 Die Boodskap (DB)
Daar is nog iets wat ek vir julle wil sê. Elke man staan onder die gesag van Christus en die vrou onder die gesag van die man. Almal staan egter onder die gesag van God. As enigiemand met God of oor God praat sonder die nodige respek, respekteer hy ook nie vir Christus nie. Net so steek ’n vrou haar man in die skande as sy sonder respek vir haar man met of oor God praat. Dit is so goed sy mismaak haarself liederlik. Sy kan haar maar mismaak as sy nie, soos ons gebruik is, uit respek vir haar man iets op haar kop het nie. As sy dit nie wil doen nie, moet sy maar al haar hare afsny. Dit is ons gebruik; ’n vrou moet iets op haar kop hê as teken van haar respek vir haar man, maar ’n man moet dit juis nie doen nie, uit respek vir God. Iets van die grootheid van God moet in die man sigbaar word. As teken daarvan moet hy dus nie iets op sy kop sit nie. Deur die klere wat ’n vrou aantrek, moet sy weer iets van haar respek vir haar man wys. Julle vra waarom. Wel, God het mos nie die man uit die vrou gemaak nie, maar die vrou uit die man. Die man is nie gemaak omdat daar ’n vrou was nie, maar die vrou omdat daar ’n man was. Daarom moet die vrou iets op haar kop dra om so te wys sy respekteer haar man. Selfs die hemelse wesens, die engele, sal dit kan sien. Noudat ons Christene is wat die Here dien, moet ons nie te veel argumenteer oor wie nou juis die belangrikste is, die man of die vrou, nie.
1 KORINTIËRS 11:3-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus hoof is oor elke man, dat die man hoof is oor sy vrou en dat God hoof is oor Christus. Elke man wat met ’n kopbedekking bid of profeteer, doen Christus oneer aan. En elke vrou wat bid of profeteer sonder dat sy haar kop bedek, doen haar man oneer aan, want dis dieselfde as wanneer haar hare afgeskeer sou wees. Ja, as sy weier om ’n kopbedekking te dra, kan sy ewe goed haar hare ook maar afsny. Maar aangesien dit ’n skande vir ’n vrou is as haar hare afgesny of haar kop kaalgeskeer is, behoort sy ’n kopbedekking te dra. ’n Man behoort egter nie ’n kopbedekking op te hê wanneer hy aanbid nie, want hy is God se beeld en sieraad. Die vrou is weer die man se sieraad. Die eerste man is immers nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man. Die man is ook nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man. Die vrou moet dus ’n kopbedekking op hê as ’n teken van haar man se gesag oor haar, want die engele is besig om toe te kyk.