1 KORINTIËRS 10:12-13
1 KORINTIËRS 10:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Daarom, iemand wat dink dat hy nooit sonde sal doen nie, moet oppas dat hy nie begin om sonde te doen nie. Daar gebeur dinge wat vir julle toets, en wat vir julle wil laat ophou om God te dien. Maar julle kan hierdie dinge oorwin. God sal julle altyd help. Hy sal sorg dat hierdie dinge nie sterker is as julle geloof nie. Wanneer die dinge julle wil laat ophou glo, dan sal God julle help om sterk te wees en aan te hou glo.
1 KORINTIËRS 10:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
1 KORINTIËRS 10:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.
1 KORINTIËRS 10:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom moet hy wat dink hy staan, oppas dat hy nie val nie! Geen versoeking het oor julle gekom, behalwe 'n menslike een nie. God is egter getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle vermoë versoek word nie, maar sal saam met die versoeking ook uitkoms gee, sodat julle dit kan verduur.
1 KORINTIËRS 10:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom moet hy wat meen dat hy staan, oppas dat hy nie val nie. Geen versoeking het julle aangegryp behalwe soos 'n mens nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar sal saam met die versoeking ook 'n uitkoms maak, sodat julle dit kan verdra.
1 KORINTIËRS 10:12-13 Die Boodskap (DB)
Wees daarom geestelik wakker. As jy gerus begin word en dink dat niks jou geestelik van stryk kan bring nie, val jy miskien juis in die kloue van versoekings en sonde. Nou praat ek nie van buitengewone versoekings nie. Die versoekings wat oor julle kom, is dieselfde as wat enige ander mens teëkom. God sal julle nie in die steek laat nie, maar doen wat Hy gesê het. Hy het mos gesê dat Hy nie dinge met jou sal laat gebeur wat jou as Christen van balans af sal gooi nie. As daar dan dinge gebeur wat jou van God se pad wil afkry, sal God jou help om die regte besluit te neem en jou dan die krag gee om te doen wat jy besluit het.
1 KORINTIËRS 10:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom – as julle dink julle staan sterk, moet julle oppas dat julle nie ook tot ’n val kom nie. Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur.