1 KORINTIËRS 1:9-13
1 KORINTIËRS 1:9-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here. Ek doen 'n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging. Ek sê dit, my broers, omdat van Chloë se mense my vertel het dat daar onenigheid onder julle is. Daarmee bedoel ek dat een sê: “Ek is vir Paulus;” een: “Ek is vir Apollos;” een: “Ek is vir Sefas;” en een: “Ek is vir Christus.” Is Christus dan in stukke verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig, of is julle in die naam van Paulus gedoop?
1 KORINTIËRS 1:9-13 Bybel vir almal (ABA)
God sal doen wat Hy belowe het. Hy het julle gekies om saam met sy Seun, ons Here Jesus Christus, te wees. Vriende, julle behoort aan ons Here Jesus Christus. Daarom vra ek mooi vir julle: Julle moet saamwerk met mekaar, julle moenie groepe wees wat teen mekaar werk nie. Julle moet weer wees soos in die begin: Julle moet mekaar aanvaar, julle moet dieselfde dinge wil doen. Vriende, Chloë se mense het vir my vertel dat julle met mekaar stry. Ja, julle stry, want die een sê: “Ek behoort aan Paulus,” 'n ander een sê: “Ek behoort aan Apollos,” 'n ander een sê: “Ek behoort aan Sefas,” en 'n ander een sê: “Ek behoort aan Christus.” Nee, ons kan Christus nie in groepe deel nie. En God het nie vir mý, Paulus, laat kruisig om julle sondes te vergewe nie. En toe julle gedoop is, was dit nie sodat julle aan Paulus sal behoort nie.
1 KORINTIËRS 1:9-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here. MAAR ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening. Want dit is aan my deur die huisgenote van Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is. Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus, en ek van Apollos, en ek van Céfas, en ek van Christus. Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?
1 KORINTIËRS 1:9-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here. Ek doen 'n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging. Ek sê dit, my broers, omdat van Chloë se mense my vertel het dat daar onenigheid onder julle is. Daarmee bedoel ek dat een sê: “Ek is vir Paulus;” een: “Ek is vir Apollos;” een: “Ek is vir Sefas;” en een: “Ek is vir Christus.” Is Christus dan in stukke verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig, of is julle in die naam van Paulus gedoop?
1 KORINTIËRS 1:9-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here. Ek pleit by julle, broers, in die Naam van ons Here Jesus •Christus, dat julle almal eenstemmig sal wees, en dat daar nie verdeeldheid onder julle sal wees nie, maar dat julle volkome eensgesind mag wees, met dieselfde denkwyse en dieselfde oortuiging. My broers, ek is deur Chloë se mense ingelig dat daar twiste onder julle is. Wat ek bedoel, is dat elkeen van julle sê, “Ek is van Paulus,” of, “Ek van Apollos, ” of, “Ek van Sefas, ” of: “Ek van Christus”. Is Christus verdeel? Paulus is tog nie vir julle gekruisig nie? Of is julle dan in die naam van Paulus gedoop?
1 KORINTIËRS 1:9-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap van sy Seun, Jesus Christus, onse Here. Ek smeek julle nou, broeders, by die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle almal dieselfde moet spreek en dat daar geen verdeeldheid onder julle sal wees nie; maar dat julle volkome verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde oordeel. Want dit is aan my van julle verkondig, my broers, deur die wat uit die huis van Chloë is, dat daar twis onder julle is. Dit sê ek nou, dat elkeen van julle sê: Ek is van Paulus; en ek van Apollos; en ek van Céfas; en ek van Christus. Is Christus verdeel? is Paulus vir jou gekruisig? of is julle in die naam van Paulus gedoop?
1 KORINTIËRS 1:9-13 Die Boodskap (DB)
Julle kan God vertrou, want Hy doen altyd wat Hy beloof. Hy self het julle uitgenooi om Jesus Christus, ons Here, se goeie vriende te word. Kinders van die Here, werk asseblief tog saam. Namens ons Here Jesus Christus vra ek julle dit baie mooi, maar baie ernstig. Daar moet nie heeltyd ’n stryery onder julle wees nie. Julle moet met mekaar oor die weg kom. Moenie dwarstrek nie, maar dink en doen liewer soos een man saam. Ek noem dit omdat van Chloë se familie hier by my aangekom en vertel het dat julle so onder mekaar baklei. Laat ek dit so stel: een van julle sal sê: “Paulus is net die man.” Ander sal dan aan die stry gaan en sê dat Apollos of Petrus beter is. “Nee,” sal ander weer sê, “ons volg maar net vir Jesus.” Nou vra ek: Is Christus dan so ’n los klomp stukke? Het ek, Paulus, miskien vir julle daar aan die kruis gehang? Is daar by julle doop miskien gesê dat julle gedoop word omdat Paulus so goed is?
1 KORINTIËRS 1:9-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God sal dit beslis vir julle doen, want Hy hou altyd by sy woord. Dit is tog Hý wat julle geroep het om in hierdie wonderlike persoonlike verhouding met sy Seun, Jesus Christus ons Here, te deel. En nou, broers en susters, pleit ek by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie. Lede van die huisgesin van Chloë het aan my vertel, my broers en susters, dat daar allerlei struwelinge onder julle voorkom. Ek bedoel dat party van julle sê: Ek volg Paulus; ander weer: Ek volg Apollos; nog ander: Ek volg Petrus; en nog ander: Ek volg Christus. Dink julle regtig Christus kan so in stukkies verdeel word? Paulus is tog beslis nie vir julle gekruisig nie! Of is julle dalk in Paulus se naam gedoop?