1 KORINTIËRS 1:27-28
1 KORINTIËRS 1:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak.
1 KORINTIËRS 1:27-28 Bybel vir almal (ABA)
Daar is dinge wat dom lyk vir die mense van die wêreld, maar God het daardie dinge gekies om die slim mense te laat verstaan dat hulle niks weet nie. En daar is dinge wat onbelangrik lyk vir die mense van die wêreld, maar God het daardie dinge gekies om die belangrike mense te laat besef dat hulle nie belangrik is nie. En daar is dinge wat vir die mense van die wêreld niks beteken nie, hulle dink dit is onbelangrik, hulle dink dit is niks. Maar God het daardie dinge gekies om te wys dat dit vir Hom anders is: Die dinge wat baie belangrik is vir die mense van die wêreld, beteken nou niks.
1 KORINTIËRS 1:27-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak
1 KORINTIËRS 1:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam, en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak.
1 KORINTIËRS 1:27-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die dwaashede van die wêreld het God uitgekies om die wyses te beskaam, en die swakhede van die wêreld het God uitgekies om die sterkes te beskaam, en die onbelangrike en veragtelike dinge van die wêreld het God uitgekies – dit wat niks is – om wat wél iets was, tot niet te maak
1 KORINTIËRS 1:27-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar God het die dwase dinge van die wêreld uitverkies om die wyse te beskaam; en God het die swakhede van die wêreld uitverkies om die dinge wat kragtig is, te beskaam; En die slegte dinge van die wêreld en die dinge wat verag word, het God uitverkies, ja, en die dinge wat nie is nie, om die dinge wat is, tot niet te maak
1 KORINTIËRS 1:27-28 Die Boodskap (DB)
God het die maatstawwe van die wêreld totaal omgekeer. Wat volgens mense swak is, het God besluit om sterk te maak. Dinge waaraan mense hulle nie steur nie en wat hulle dink nutteloos is, gebruik God om sy doel te bereik. So word dinge wat mense weer dink iets werd is, nutteloos wanneer dit by God se planne kom.
1 KORINTIËRS 1:27-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nietemin het God doelbewus dit wat vir die wêreld na dwaasheid gelyk het, uitgekies om die slim mense skaam te maak en dit wat vir die wêreld na swakheid gelyk het, het Hy uitgekies om die magtiges skaam te laat kry. Inderdaad, wat vir die wêreld onaansienlik en gering lyk, ja, wat vir die wêreld glad nie ’n faktor is nie, het God uitgekies om wat vir die wêreld wel belangrik is, heeltemal af te skryf.