1 KRONIEKE 4:1-4
1 KRONIEKE 4:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die seuns van Juda was: Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal. Sobal se seun Reaja was die vader van Jagat, en Jagat die vader van Agumai en Lahad. Hulle is die Soranergeslagte. Die seuns van Etam was Jisreël, Jisma en Jidbas. Die naam van hulle suster was Selelponi. Penuel was die vader van Gedor, en Eser die vader van Gusa. Hulle het voortgekom uit Gur, die oudste seun van Efrata, vader van Betlehem.
1 KRONIEKE 4:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Die seuns van Juda was Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal. Reaja seun van Sobal was die pa van Jagat, en Jagat was die pa van Agumai en Lagad. Hulle was die Sora-families. Etam was die pa van Jisreël, Jisma en Jidbas. Hulle suster se naam was Selelponi. Penuel was die pa van Gedor, en Eser was die pa van Gusa. Hulle was die nageslag van Gur, die oudste seun van Efrata, die voorvader van die mense van Betlehem.
1 KRONIEKE 4:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE seuns van Juda was: Peres, Hesron en Karmi en Hur en Sobal. En Reája, die seun van Sobal, was die vader van Jahat, en Jahat van Ahúmai en van Lahad; dit is die geslagte van die Sóreatiete; en dit is die seuns van Etam: Jísreël en Jísma en Jidbas; en die naam van hulle suster was Hasselelpóni. En Pnuel was die vader van Gedor, en Eser die vader van Husa. Dit is die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, die vader van Betlehem.
1 KRONIEKE 4:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Juda se seuns was Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal. Sobal se seun Reaja het Jagat verwek, en Jagat het Agumai en Lahad verwek. Hulle is die familiegroepe van die Soraners. Die volgende was die nageslag van die stigter van Etam: Jisreël, Jisma en Jidbas. Hulle suster se naam was Selelponi. Penuel was die stigter van Gedor, en Eser was die stigter van Gusa. Hulle was die seuns van Gur, die eersgeborene van Efrata, die stigter van Betlehem.
1 KRONIEKE 4:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die seuns van Juda; Peres, Hesron en Karmi en Hur en Sobal. En Reaja, die seun van Sobal, was die vader van Jahat; en Jahat was die vader van Ahumai en Lahad. Dit is die geslagte van die Soratiete. En hulle was van die vader van Etam; Jisreël en Jisma en Jidbas; en die naam van hulle suster was Haselelponi. En Pnuël, die vader van Gedor, en Eser, die vader van Husa. Dit is die seuns van Hur, die eersgeborene van Efrata, die vader van Betlehem.
1 KRONIEKE 4:1-4 Die Boodskap (DB)
Juda se seuns was: Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal. Sobal se seun Reaja was Jagat se pa, en Jagat was Agumai en Lahad se pa. Dit is die mense wat in Sora gewoon het. Etam se nageslag was Jisreël, Jisma en Jidbas, Hasselelponi (sy dogter), Penuel (die grondlegger van Gedor) en Eser (die grondlegger van Gusa). Hulle was die nageslag van Gur (Efrata se oudste seun) en vader van Betlehem.
1 KRONIEKE 4:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die seuns van Juda was Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal. Sobal se seun, Reaja, was die pa van Jagat. Jagat was die pa van Agumai en Lahad. Dit is die afstammelinge van die Soranergeslagte. Die afstammelinge van Etam was Jisreël, Jisma en Jidbas. Die naam van hulle suster was Selelponi. Penuel was die pa van Gedor, en Eser die pa van Gusa. Dit is die afstammelinge van Gur, die oudste seun van Efrata, die afstammeling van Betlehem.