1 KRONIEKE 29:3
1 KRONIEKE 29:3 Bybel vir almal (ABA)
En ek gee ook al die goud en silwer wat ek het vir die tempel van my God, ek wil dit graag doen vir die tempel van my God. Ek gee dit saam met alles wat ek al klaar gereedgemaak het vir die gewyde gebou.
1 KRONIEKE 29:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Bowendien, omdat ek behae het in die huis van my God, besit ek persoonlik goud en silwer; dit gee ek aan die huis van my God bo en behalwe alles wat ek vir die huis van die heiligdom in gereedheid gebring het
1 KRONIEKE 29:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat die huis van my God my na aan die hart lê, skenk ek ook nog my besit aan goud en silwer bo en behalwe alles wat ek reeds vir die heiligdom gereedgebring het
1 KRONIEKE 29:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Buitendien, uit toegeneentheid teenoor die huis van my God het ek dit wat ek persoonlik besit aan goud en silwer, vir die huis van my God gegee, bo en behalwe alles wat ek vir die •heilige •tempel gereedgekry het
1 KRONIEKE 29:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verder, omdat ek my geneentheid aan die huis van my God gerig het, het ek uit my eie goed, van goud en silwer, wat ek aan die huis van my God gegee het, bo en behalwe alles wat ek vir die heilige berei het. Huis