1 KRONIEKE 21:1-4
1 KRONIEKE 21:1-4 Bybel vir almal (ABA)
Die Satan was teen die Israeliete. Hy het vir Dawid laat besluit om die Israeliete te laat tel. Dawid het vir Joab en die leiers van die volk gesê: “Julle moet al die Israeliete gaan tel, van die stad Berseba tot by die stad Dan, en julle moet vir my kom sê hoeveel mense hulle is, ek wil dit weet.” Joab het gesê: “Ek wens die Here maak sy volk 100 maal meer as wat hulle is. Maar, Meneer die koning, hulle behoort almal aan jou, hoekom wil jy hierdie ding doen? Die Here sal die Israeliete straf as jy dit doen.” Maar die koning het gesê Joab móét dit doen, en Joab moes doen wat die koning gesê het. Joab het deur die hele land Israel gegaan en hy het toe teruggekom in Jerusalem.
1 KRONIEKE 21:1-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel. En Dawid het aan Joab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel Israel van Berséba tot Dan, en bring vir my berig, dat ek hulle getal kan weet. En Joab sê: Mag die HERE by sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my heer koning, my heer se dienaars. Waarom verlang my heer dit? Waarom moet Israel skuldig word? Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab, en Joab het uitgetrek en die hele Israel deurgetrek en in Jerusalem aangekom.
1 KRONIEKE 21:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Satan was teen Israel. Hy het Dawid aangehits om 'n sensus van Israel te hou. Dawid het vir Joab en die gesaghebbers van die volk gesê: “Gaan maak 'n opname van Israel van die suide tot die noorde en doen aan my verslag dat ek kan weet hoeveel hulle is.” Toe sê Joab: “Selfs al sou die Here by sy volk honderd keer soveel byvoeg as wat hulle nou is, sal u mos nog koning wees! Hulle is mos almal u onderdane. Waarom wil u dit doen, U Majesteit? Waarom moet dit nou 'n sondelas op Israel word?” Maar die koning se bevel aan Joab het bly staan. Joab het vertrek, die hele Israel deurgegaan en na Jerusalem toe teruggekom
1 KRONIEKE 21:1-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Satan het teen Israel opgestaan en Dawid opgesteek om Israel te tel. Dawid sê toe vir Joab en die •aanvoerders van die manskappe: “Gaan tel die Israeliete van Berseba tot by Dan, en bring vir my die uitslag, sodat ek kan weet wat hulle getal is.” Maar Joab het geantwoord: “Mag die HERE by sy manskappe nog 'n honderd maal soveel byvoeg as wat hulle is! My heer die koning, is hulle nie almal my heer se onderdane nie? Waarom versoek my heer dit? Waarom moet dit vir Israel 'n skuldlas word?” Die koning se woord het egter meer gewig gedra as dié van Joab, en Joab het uitgegaan, deur die hele Israel getrek en weer in Jerusalem aangekom.
1 KRONIEKE 21:1-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die Satan het teen Israel opgestaan en Dawid geterg om Israel te tel. Dawid het aan Joab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel Israel van Berséba af tot by Dan; en bring hulle getal na my toe, dat ek dit kan weet. En Joab antwoord: Mag die HERE sy volk honderd maal meer maak as wat hulle is; maar, my heer die koning, is hulle nie almal die dienaars van my heer nie? waarom eis my heer dan hierdie ding? waarom sal hy 'n oortreding van Israel wees? Maar die woord van die koning het die oorhand gekry teen Joab. Daarom het Joab weggetrek en deur die hele Israel getrek en in Jerusalem aangekom.
1 KRONIEKE 21:1-4 Die Boodskap (DB)
Satan het teen Israel gewerk en Dawid oortuig om al die mense wat in sy koninkryk bly, te laat tel. Dawid het toe vir Joab en sy offisiere beveel: “Gaan tel al die mense in Israel, van Berseba in die suide af tot by Dan in die verre noorde. Bring dan vir my die inligting, sodat ek kan weet hoeveel mense daar is.” Joab het Dawid geantwoord: “Mag die Here sy volk ’n honderd keer meer maak as wat hulle nou is! Maar waarom wil u nou hierdie telling laat doen? Almal is tog u onderdane. Waarom wil u Israel nou laat sonde doen?” Dawid het hom nie daaraan gesteur nie en Joab gedwing om die volkstelling te doen. Joab het die hele land deurgegaan en toe hy weer in Jerusalem aankom
1 KRONIEKE 21:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Satan het teen Israel opgestaan en Dawid aangepor om ’n sensus van die Israeliete op te neem. Dawid het opdrag aan Joab en sy offisiere gegee: “Gaan neem ’n sensus op van al die mense in die land, van Berseba in die suide tot Dan in die noorde. En bring dan vir my die uitslag sodat ek kan weet hoeveel mense daar is.” Maar Joab het geantwoord: “Mag die HERE sy volk honderd maal vermeerder! Maar hoekom, o Koning, wil u dit doen? Is hulle nie almal u dienaars nie? Waarom wil u dit doen? Hoekom moet u Israel laat sondig?” Maar die koning het daarop aangedring dat Joab die sensus opneem. Daarom het Joab deur die hele Israel getrek om die volk te tel. Toe is hy terug Jerusalem toe.