1 KRONIEKE 17:11-14
1 KRONIEKE 17:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer jy oud geword het en sterf, sal Ek een van jou seuns aanstel, en Ek sal sy koninkryk sterk maak. Hy is die een wat ’n huis, ’n tempel vir My sal bou. En Ek sal sy troon vir baie lank bevestig. Ek sal vir hom soos ’n pa wees, en hy sal vir My soos ’n seun wees. Ek sal nie my troue liefde van hom wegvat soos Ek dit van Saul wat voor jou regeer het, weggevat het nie. Ek sal hom vir baie lank oor my koningshuis en koninkryk aanstel, en sy troon sal vasstaan vir baie lank.”
1 KRONIEKE 17:11-14 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jou tyd verby is en jy sterf, dan sal Ek een van jou eie seuns koning laat word, en hy sal lank koning wees. Hý sal vir My 'n tempel bou, en Ek sal hom baie lank laat regeer. Ek sal vir hom wees soos 'n pa, en hy sal vir My wees soos 'n seun. Ek sal aanhou om vir hom te doen wat Ek belowe het. Ek het dit nie gedoen vir die man wat vóór jou koning was nie. Die koning uit jou nageslag sal altyd 'n plek hê in my tempel en daar waar Ek Koning is. Iemand van jou nageslag sal altyd koning wees.”
1 KRONIEKE 17:11-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as jou dae vol is om heen te gaan saam met jou vaders, sal Ek jou nakomeling wat uit jou seuns sal wees, laat optree en sy koningskap bevestig. Hý sal vir My 'n huis bou, en Ek sal sy troon bevestig tot in ewigheid. Ék sal vir hom 'n vader wees, en hý sal vir My 'n seun wees, en my goedertierenheid sal Ek van hom nie laat wyk soos Ek dit onttrek het aan hom wat voor jou gewees het nie. Maar Ek sal hom laat bestaan in my huis en in my koninkryk tot in ewigheid, en sy troon sal vas staan tot in ewigheid.
1 KRONIEKE 17:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer jou tyd daar is om by jou voorvaders te rus, sal Ek een van jou nageslag, jou eie seun, koning maak en aan hom 'n bestendige koningskap gee. Hy sal vir My 'n huis bou en Ek sal sy troon blywend vestig. Ek sal vir hom 'n vader wees en hy sal vir My 'n seun wees. My trou sal Ek nie aan hom onttrek nie, soos Ek dit aan jou voorganger onttrek het. Ek gee hom 'n blywende plek in my huis en my koninkryk. Sy troon sal altyd voortbestaan.”
1 KRONIEKE 17:11-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer jou tyd aangebreek het om na jou voorvaders te gaan, sal Ek jou nakomeling ná jou, een van jou eie seuns, na vore laat tree, en Ek sal sy koningskap vestig. Hy is die een wat vir My 'n huis sal bou, en Ek sal sy troon vir altyd laat vasstaan. Ek sal vir hom 'n vader wees, en hy sal vir My 'n seun wees. My troue liefde sal Ek nie aan hom onttrek soos wat Ek dit aan jou voorganger onttrek het nie. Ek sal hom vir altyd in my huis en koninkryk aanstel, en sy troon sal altyd bestendig wees.” ’ ”
1 KRONIEKE 17:11-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as jou dae verby is dat jy moet gaan om by jou vaders te wees, sal Ek jou nageslag ná jou verwek, wat uit jou seuns sal wees; en Ek sal sy koninkryk bevestig. Hy sal vir my 'n huis bou, en ek sal sy troon bevestig tot in ewigheid. Ek sal vir hom 'n vader wees, en hy sal vir my 'n seun wees; Maar Ek sal hom in my huis en in my koninkryk vestig tot in ewigheid, en sy troon sal vasstaan tot in ewigheid.
1 KRONIEKE 17:11-14 Die Boodskap (DB)
Wanneer jy die dag sterf, sal Ek jou opvolger aanwys. Hy sal een van jou seuns wees en Ek sal sy koningskap sterk maak. Dit sal hy wees wat vir My ’n huis sal bou en Ek sal sorg dat sy koningskap vir altyd veilig is. Ek sal sy Pa wees en hy sal my seun wees. Ek sal nie my ondersteuning aan hom onttrek, soos Ek met jou voorganger gedoen het nie. Ek sal hom vir altyd laat regeer en mense uit sy nageslag sal altyd koning wees.”
1 KRONIEKE 17:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer jy oud geword het en sterf, sal Ek een van jou seuns aanstel, en Ek sal sy koninkryk sterk maak. Hy is die een wat ’n huis, ’n tempel vir My sal bou. En Ek sal sy troon vir baie lank bevestig. Ek sal vir hom soos ’n pa wees, en hy sal vir My soos ’n seun wees. Ek sal nie my troue liefde van hom wegvat soos Ek dit van Saul wat voor jou regeer het, weggevat het nie. Ek sal hom vir baie lank oor my koningshuis en koninkryk aanstel, en sy troon sal vasstaan vir baie lank.”