1 KRONIEKE 16:8-12
1 KRONIEKE 16:8-12 Bybel vir almal (ABA)
Die woorde van die lied is: “Julle moet vir die Here dankie sê, julle moet sy Naam sê, julle moet vir al die volke vertel wat Hy gedoen het. Julle moet sing vir Hom, julle moet musiek maak vir Hom, julle moet dink oor al sy wonderwerke. Julle moet Hom prys, Hy is heilig. Almal wat die Here dien, moet wys dat hulle bly is. Julle moet die Here kom dien, Hy is sterk, julle moet altyd naby Hom wil bly. Julle moet dink aan sy wonderwerke wat Hy gedoen het, julle moet dink aan sy tekens toe Hy sy vyande gestraf het.
1 KRONIEKE 16:8-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend! Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders. Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur. Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond
1 KRONIEKE 16:8-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Loof die Here. Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel
1 KRONIEKE 16:8-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Prys die HERE, roep sy Naam uit; maak onder die volke sy dade bekend! Sing vir Hom, besing Hom; praat met oorgawe oor al sy wonderwerke. Beroem julle in sy •heilige Naam; laat die harte van hulle wat die HERE opsoek, bly wees. Soek die HERE en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op. Roep die wonders wat Hy gedoen het in herinnering, sy tekens en die oordele van sy mond
1 KRONIEKE 16:8-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade bekend onder die volke. Sing tot eer van hom, psalmsing tot eer van hom, vertel van al sy wonderdade. Roem in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees. Soek die HERE en sy sterkte, soek sy aangesig gedurigdeur. Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, sy wonders en die oordele van sy mond
1 KRONIEKE 16:8-12 Die Boodskap (DB)
Prys die Here! Bid tot Hom! Vertel vir almal op aarde wat die Here gedoen het. Sing liedere, maak die Here se Naam groot. Juig oor al die groot dinge wat Hy elke dag doen. Bring lof en eer aan die Here se heilige Naam. Wees bly, almal wat daarna smag om by die Here te wees. Vra vir die Here om heeltyd by julle te wees met sy groot krag. Moenie dat daar ’n dag verbygaan dat julle nie naby Hom is nie. Dink aan al die groot wonderwerke wat die Here gedoen het. Onthou sy magtige dade, hoe Hy sy voorskrifte aan ons gegee het.
1 KRONIEKE 16:8-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dank die HERE, roep sy Naam aan. Laat die nasies weet wat Hy gedoen het. Sing vir Hom, ja, besing sy lof! Vertel van sy wonderwerke. Juig oor sy heilige Naam. Aanbidders van die HERE, wees bly! Soek na die HERE en sy krag. Hou aan om Hom te soek. Dink oor die wonders wat Hy gedoen het, die wonderwerke en die oordele wat Hy uitgespreek het.