Laat ons u troue liefde belewe, skenk ons u reddende hulp, Here. Ek wil luister na wat God die Here sê, want sy woord bring vrede vir sy volk, vir dié wat Hom getrou dien. Hulle moet net nie weer afdwaal nie. Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien: Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar.
Lees PSALMS 85
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 85:8-10
7 dae
Jesus het ons stukkende wêreld kom heelmaak. Hy het aan moedeloses hoop gebring en aan sondaars vergifnis uitgedeel. En dit was aan die kruis dat Hy aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Hy het die dood oorwin en léwe gebring. Vir ons altyd-lewe aangebied. Herontdek die kruis van liefde saam met Milanie Vosloo in hierdie 7-dag-leesplan uit SIMFONIE VAN SEËN.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's