Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, het nie verstand nie. Die goddelose soek sy veiligheid in verkeerde dade; die regverdiges staan vanself vas. 'n Slegte mens stel vir homself 'n strik met sy opruiende woorde; wie reg doen, ontkom uit die nood. 'n Mens kan voorspoedig word deur altyd die regte woorde te gebruik, of hy kan die vrug geniet van wat hy met sy hande doen. In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad. 'n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel; 'n verstandige mens laat nie blyk dat hy gekrenk is nie. Wie die waarheid aan die lig bring, lewer betroubare getuienis; 'n getuie wat lieg, maak alles vals. Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê. Die waarheid hou vir altyd, die leuen net 'n oomblik. Dié wat op kwaad uit is, doen dit omdat hulle vals is; dié wat beraadslaag vir vrede en voorspoed, doen dit met vreugde. Geen leed sal die regverdige tref nie; goddeloses beleef ramp op ramp. Die Here het 'n afsku van leuenaars; Hy hou van betroubare mense. 'n Verstandige mens loop nie te koop met sy kennis nie; dwase basuin hulle dwaasheid uit.
Lees SPREUKE 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 12:11-23
5 Days
The opposite of mastery is mediocrity, and mediocrity is nothing less than a failure of love and a misrepresentation of the image of God. In this Plan, you’ll explore why Christians should have the highest standards of excellence in our work, what we should be looking for in our “one thing,” and how you can achieve mastery of your vocation for the glory of God and the good of others.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's