Toe die Fariseërs bymekaar was, vra Jesus vir hulle: “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?” “Dawid s'n,” antwoord hulle Hom. Hy sê toe vir hulle: “Waarom het Dawid deur die ingewing van die Gees Hom dan ‘Here’ genoem? Hy sê tog: “ ‘Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.’ “As Dawid self Hom ‘Here’ noem, hoe kan Hy dan Dawid se seun wees?” Niemand kon Hom daarop iets antwoord nie. Van dié dag af het niemand dit meer gewaag om Hom 'n vraag te stel nie.
Lees MATTEUS 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 22:41-46
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's