LUKAS 9:51-56

LUKAS 9:51-56 AFR83

Toe die tyd nader kom dat Jesus in die hemel opgeneem sou word, het Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin en boodskappers voor Hom uit gestuur. Hulle het vertrek en in 'n dorp van die Samaritane gekom om daar vir Hom verblyf te reël. Maar die inwoners wou Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem toe op pad was. Toe die twee dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: “Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?” Maar Hy het omgedraai en hulle skerp tereggewys. Daarna het hulle die reis voortgesit na 'n ander dorp toe.

Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 9:51-56