JESAJA 25:6-8

JESAJA 25:6-8 AFR83

Op hierdie berg gaan die Here die Almagtige 'n feesmaal gereed maak vir al die volke, 'n feesmaal met die beste om te eet en te drink, goeie kos en geurige wyn. Op hierdie berg sal Hy die doek verwyder, die doek wat oor al die volke gegooi was, waarmee al die nasies toegemaak was. Hier sal die Here God die dood vir ewig vernietig, en die trane op almal se gesigte afvee. Oor die hele aarde sal Hy die smaad verwyder wat sy volk aangedoen is. Die Here het dit gesê.