Julle Galasiërs, is julle dan so sonder begrip? Wie het julle verstand benewel? Jesus Christus is tog so duidelik aan julle verkondig dat julle Hom as 't ware aan die kruis kon sien hang! Net een ding wil ek van julle weet: Het julle die Heilige Gees ontvang deur die wet van Moses te onderhou of deur die evangelie te glo? Is julle dan so sonder begrip? Julle het met die Gees begin; wil julle nou in eie krag eindig? Was al julle swaarkry dan verniet? Dit kon tog nie verniet gewees het nie! Hy wat julle met die Heilige Gees toerus en kragtig onder julle werk, doen Hy dit omdat julle die wet onderhou of omdat julle die evangelie glo? So was dit ook met Abraham: “Hy het in God geglo, en God het hom vrygespreek.” Julle sien dus dat dié wat glo, kinders van Abraham is. Die Skrif het vooruit geweet dat God ook mense wat nie Jode is nie, sou vryspreek as hulle glo. Daarom het die Skrif al voorheen die goeie nuus vir Abraham gebring: “In jou sal al die nasies geseën word.” Dit is dus dié wat glo, wat saam met die gelowige Abraham geseën word.
Lees GALASIËRS 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: GALASIËRS 3:1-9
5 dae
Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ontdek en hoe om sterk te staan.
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
15 Days
Over the course of 15 days, Paul David Tripp will remind you of God’s grace towards you—truths that never grow old. When “behavior modification” or feel-good aphorisms aren’t enough to make you new, learn to trust in God’s goodness, rely on His grace, and live for His glory each and every day.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's